Greytown
Greytown | |
---|---|
Koördinate: 29°4′0″S 30°35′0″O / 29.06667°S 30.58333°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | KwaZulu-Natal |
Distriksmunisipaliteit | uMzinyathi |
Plaaslike Munisipaliteit | uMvoti |
Stigting | 1848 |
Vernoem na | George Edward Grey |
Hoogte | 1 015 m (3 330 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 14 152 |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |
Webwerf | www.greytown.co.za |
Greytown is 'n dorp in die ooste van Suid-Afrika, in die provinsie KwaZulu-Natal. Die dorp lê aan die Mvotirivier en is die geboorteplek van genl. Louis Botha.
Geskiedenis
Die dorp is in 1850 uitgelê op 'n plaas wat van L.J. Nel gekoop is. Die inwoners wou die dorp eers Pretorius noem ter ere van Andries Pretorius maar die Natalse regering het aangedring dat die dorp na sir George Grey vernoem moes word. Die dorp se stadsaal is in 1904 gebou.
Distrik
Daar is in 1890 begin met die aanplant van wattelbome. Vandag is Greytwon die middelpunt van uitgebreide wattel- en denneplantasies. Ander produkte is kiwivrugte, avokadopere, suiker, mielies, vee en suiwel. Die belangrikste nywerheid is 'n groot skoenfabriek. 'n Gebou wat in 1886 as woning vir die landdros opgerig is, dien nou as 'n museum.
Louis Botha
Daar is 'n klipgedenkteken, wat die plek aandui waar die huis was waar Louis Botha gebore is, op die plaas Honingfontein . Die plaas is 5 km suid van Greytown.
Sien ook
Bronne
- Ensiklopedie van Suidelike Afrika. Eric Rosenthal. 1967.
- Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. ISBN 1-868642-026-4