Elbphilharmonie
HafenCity, Hamburg
Argitekte
Jacques Herzog en Pierre du Meuron
Verdiepings
26 (met 29 hysbakke)
Oprigting
2006–2016
Boumateriaal
Bakstene (historiese stoorhuis van 1962/63)
Glas, staal, beton (nuwe boonste verdiepings)
Konserthuis
Hotel met 244 kamers
Woonstelgebou met 45 woonstelle
Parkeerhuis
Eienaar
Stad Hamburg
Webtuiste
elbphilharmonie.de
Die Elbphilharmonie (in die omgangstaal ook kort „Elphi“ genoem) is 'n konserthuis in die Noord-Duitse hawestad Hamburg wat in 2016 voltooi is. Dit word onder die grootste, mees moderne en - ten opsigte van sy akoestiek - ook beste konsertsale ter wêreld gereken. Die gebou met 'n hoogte van 110 meter het in die weste van Hamburg se nuwe moderne hawebuurt HafenCity teen die Elberivier se regteroewer ontstaan, in 'n gebied wat vroeër deur hawebekkens en stoorhuise met hul tradisionele baksteenargitektuur oorheers is. Vir die Elbphilharmonie, wat teen 'n koste van €866 miljoen op die riviereiland Grasbrook opgerig is, is eweneens dele van 'n voormalige kakaostoorhuis van 1963 gebruik.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Argitektuur