Gaan na inhoud

2023-Rugbykampioenskapreeks

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
2023-Rugbykampioenskap

Kenteken van die Rugbykampioenskap
Datums 8 Julie - 29 Julie
Kampioen Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland (20 titels)
Wedstryde gespeel 6
Drieë gedruk 44 (7.33 per wedstryd)
Bywoning 278 298 (46 383 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Nieu-Seeland Richie Mo’unga (28)
Meeste drieë Vlag van Suid-Afrika Kurt-Lee Arendse (3)
2022
2024

Die 2023-Rugbykampioenskapsreeks was die elfde jaarlikse rugbytoernooi tussen die nasionale spanne van Argentinië, Australië, Suid-Afrika en Nieu-Seeland. Die kompetisie word bedryf deur SANZAAR, ’n gesamentlike onderneming van die vier lande se nasionale rugbyunies. Die spanne is onderskeidelik die Pumas, Springbokke, Wallabies en die All Blacks.

Die toernooi het afgeskop op 8 Julie met Suid-Afrika teen Australië en Argentinië as gasheer vir Nieu-Seeland, en het geëindig op 29 Julie; vroeër en korter as in 2022, omrede die Rugbywêreldbeker nog ingepas moes word.[1][2] Die toernooi het om borgskapredes bekendgestaan as The Castle Rugby Championship in Suid-Afrika, The Fortinet Rugby Championship in Nieu-Seeland, The eToro Rugby Championship in Australië en The Zurich Rugbykampioenskap in Argentinië.[3]

Nieu-Seeland het die toernooi vir die 20ste keer gewen. Buitendien het hulle die Bledisloebeker ingepalm en die Vryheidsbeker gewen, terwyl Suid-Afrika met die Mandela Uitdaagplaat en Argentinië met die Poematrofee weggestap het.

Formaat

[wysig | wysig bron]

Die formaat vir die 2023-toernooi was soortgelyk aan dié van 2019 verkort weens die Rugbywêreldbeker wat later die jaar in Frankryk plaasvind. Elke span het ’n totaal van drie wedstryde gespeel, en ses in totaal. Met ’n wen het ’n span vier punte verdien, gelykop twee ligapunte, en ’n verloor met agt of meer punte nul ligapunte. ’n Bonuspunt kon verdien word op een van twee maniere: deur ten minste drie drieë meer as die teenstander in ’n wedstryd te druk, of deur met sewe punte of minder te verloor. Die kompetisie se wenner was die span met die meeste ligapunte aan die einde van die toernooi.

Telkaart

[wysig | wysig bron]
Nasie Wedstryde Punte Bonuspunte Ligapunte
Speel Wen Gelyk Verloor Vir Teen Verskil
1 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 3 3 0 0 114 39 +75 2 14
2 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 3 2 0 1 85 68 +17 1 9
3 Vlag van Argentinië Argentinië 3 1 0 2 67 94 –27 1 5
4 Vlag van Australië Australië 3 0 0 3 50 115 –65 1 1

Wedstryddatums

[wysig | wysig bron]
Datum
Week 1 8 Julie
Week 2 15 Julie
Week 3 29 Julie

Week 1

[wysig | wysig bron]

Week 2

[wysig | wysig bron]

Week 3

[wysig | wysig bron]


Rugbykampioenskapreekskampioen 2023
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland

Statistiek

[wysig | wysig bron]

Meeste punte en drieë

[wysig | wysig bron]
Meeste punte aangeteken:
Naam Punte
1 Vlag van Nieu-Seeland Richie Mo’unga 28
2 Vlag van Suid-Afrika Manie Libbok 21
3 Vlag van Argentinië Emiliano Boffelli 16
4 Vlag van Suid-Afrika Kurt-Lee Arendse 15
5 Vlag van Argentinië Santiago Carreras 11
Vlag van Australië Quade Cooper
Meeste drieë gedruk:
Naam Drieë
1 Vlag van Suid-Afrika Kurt-Lee Arendse 3
2 Vlag van Argentinië Mateo Carreras 2
Vlag van Nieu-Seeland Shannon Frizell
Vlag van Nieu-Seeland Rieko Ioane
Vlag van Nieu-Seeland Will Jordan
Vlag van Nieu-Seeland Aaron Smith

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) Christy Doran (2 Januarie 2023). "Rugby News: MCG to host Bledisloe Test as Wallabies' run to World Cup revealed, new Force-hooker's French deal confirmed". The Roar. Besoek op 26 Junie 2023.
  2. (en) "Argentina Rugby Fixtures 2023". Americas Rugby News. 1 Februarie 2023. Besoek op 26 Junie 2023.
  3. (es) "UAR y Zurich extienden su acuerdo hasta 2023". Argentynse Rugbyunie. 13 Augustus 2021. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Maart 2023. Besoek op 22 Maart 2023.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]