Gaan na inhoud

African Movement Congress

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Die African Movement Congress is 'n Suid-Afrikaanse politieke party onder leiding van Roy Moodley, Durbanse sakeman en filantroop as party president.[1]

Voor die Zondo-kommissie was daar beweringe oor Roy Moodley en sy verbintenisse met die ANC en tenderkontrakte wat deur PRASA uitgereik is. Hy het ook opslae gemaak nadat dit aan die lig gekom het dat sy maatskappy maandelikse “salaris”-betalings aan oudpresident Jacob Zuma betaal het.[2]

Die African Movement Congress, met sy klem op geloof en eenheid, het ten doel om positiewe verandering in Suid-Afrika teweeg te bring, veral met die huidige beurtkrag-krisis wat vir 16 jaar duur en geen einde in sig is nie.[3]

Die African Movement Congress het aan die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024 deelneem.[4]

Nasionale verkiesings

[wysig | wysig bron]
Verkiesing Stemme % Setels
2024 2 141 0,01 0

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Menzi Khumalo, 9 April 2024, Sunday Independent. Views of Ordinary South Africans on Roy Moodley's Party. https://www.iol.co.za/sundayindependent/analysis/views-of-ordinary-south-africans-on-roy-moodleys-party-1f6aee61-d8da-4bd5-bd04-18ed9dd6431e Besoek op 14 April 2024.
  2. Zintle Mahlati, 11 Maart 2020. Zondo commission hears about Roy Moodley's power, knowledge on Cabinet changes, IOL. https://www.iol.co.za/news/zondo-commission-hears-about-roy-moodleys-power-knowledge-on-cabinet-changes-44598752 Besoek 14 April 2024.
  3. Menzi Khumalo, 9 April 2024, Sunday Independent. Views of Ordinary South Africans on Roy Moodley's Party. https://www.iol.co.za/sundayindependent/analysis/views-of-ordinary-south-africans-on-roy-moodleys-party-1f6aee61-d8da-4bd5-bd04-18ed9dd6431e Besoek op 14 April 2024.
  4. National Candidates List, Independent Electoral Commission, Besoek 26 Maart 2024.