Gaan na inhoud

Duma Boko

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Duma Boko
Duma Boko
Duma Boko in 2019

Ampsbekleër
Termynaanvang
1 November 2024
Vise Ndaba Gaolathe
Voorafgegaan deur Mokgweetsi Masisi

President van die UDC
Ampsbekleër
Termynaanvang
November 2012

Ampstermyn
25 Oktober 2014 – 28 Augustus 2019
Voorafgegaan deur Dumelang Saleshando
Opgevolg deur Dumelang Saleshando

Persoonlike besonderhede
Gebore 31 Desember 1969 (1969-12-31) (54 jaar oud)
Mahalapye, Botswana
Politieke party Botswana National Front
Umbrella for Democratic Change
Eggenoot/-note Kaone Boko
Alma mater Universiteit van Botswana
Harvard-regskool

Duma Gideon Boko (gebore 31 Desember 1969) is 'n Botswana-politikus en prokureur wat sedert November 2024 as President van Botswana dien en sedert 2012 as leier van die Umbrella for Democratic Change. Hy was van 2014 tot 2019 die opposisieleier in die Nasionale Vergadering.

Duma Boko het die presidentskap van die BNF in 2010 oorgeneem. Hy het die stigting van die Umbrella for Democratic Change (UDC), 'n alliansie van die belangrikste opposisiepartye in Botswana, gelei. Hy het as die alliansie se president in Botswana se algemene verkiesings in 2014 en 2019 deelgeneem.

Tydens die algemene verkiesing op 1 November 2024 het die BDP vir die eerste keer sedert onafhanklikwording in 1966 nie meer ’n volstrekte meerderheid behaal nie en die sittende president Mokgweetsi Masisi het die regeringsmag aan die UDC oorhandig, waarna Duma Boko as sy opvolger ingesweer is.[1][2]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) Wycliffe Muia, Damian Zane (1 November 2024). "Botswana ruling party rejected after 58 years in power". BBC. Besoek op 13 November 2024.
  2. (en) Danai Nesta Kupemba (1 November 2024). "Botswana's politician who did the unthinkable". BBC. Besoek op 13 November 2024.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
Voorafgegaan deur
Mokgweetsi Masisi
President van Botswana
2024–hede
Opgevolg deur
Ampsbekleër
Presidente van Botswana
 1966–  Seretse Khama | Quett Masire | Festus Mogae | Ian Khama | Mokgweetsi Masisi | Duma Boko