Fort Lauderdale–Hollywood Internasionale Lughawe
Fort Lauderdale–Hollywood Internasionale Lughawe | |||
---|---|---|---|
IATA: FLL – ICAO: KFLL – FAA: FLL | |||
Opsomming | |||
Tipe lughawe | Openbaar | ||
Eienaar/Operateur | Broward County Aviation Department | ||
Bedien | Miami metropolitaans | ||
Ligging | Broward County, Florida, Verenigde State | ||
Geopen | 1929 | ||
Spil vir | IBC Airways Silver Airways | ||
Fokuspunt vir | JetBlue | ||
Hoogte bo seevlak | 65 vt / 20 m | ||
Koördinate | 26°04′21″N 080°09′10″W / 26.07250°N 80.15278°W | ||
Webtuiste | |||
Landkaart | |||
FAA diagram | |||
Aanloopbane | |||
Rigting | Lengte | Oppervlak | |
vt | m | ||
10L/28R | 9 000 | 2 743 | Teer |
10R/28L | 8 000 | 2 438 | Beton |
Statistieke (2022) | |||
Totale passasiers | 31 686 404 | ||
Lugbewegings | 285 801 | ||
Basis vir vliegtuie | 115[1] | ||
Bron: FAA |
Fort Lauderdale–Hollywood Internasionale Lughawe (IATA: FLL, ICAO: KFLL) is 'n groot openbare lughawe in Broward County, Florida, Verenigde State. Dit is een van drie lughawens wat die Miami-metropolitaanse gebied bedien. Die lughawe is langs Interstate 595, Interstate 95, US Route 1, Florida State Road A1A, en Florida State Road 5, begrens deur die stede Fort Lauderdale, Hollywood en Dania Beach, 5 km suidwes van die sentrum van Fort Lauderdale en 34 km noord van Miami.[2]
Met meer as 700 daaglikse vlugte na 135 binnelandse en internasionale bestemmings, het FLL sedert die laat 1990's 'n interkontinentale poort geword, hoewel Miami Internasionale Lughawe steeds die meeste langafstandvlugte hanteer. FLL dien as 'n primêre lughawe vir die Fort Lauderdale-, Pompano Beach- en Boca Raton- gebiede, en 'n sekondêre lughawe vir dele van Miami. Die lughawe is 'n basis vir Allegiant Air, JetBlue en Spirit Airlines, met laasgenoemde wat sy korporatiewe hoofkwartier hiernaby het.[3] Daarbenewens is FLL die primêre suid-Florida-lughawe vir Southwest Airlines, met die meerderheid Southwest-vlugte wat tans Fort Lauderdale bedien. FLL word deur die Amerikaanse Federale Lugvaartadministrasie geklassifiseer as 'n "major hub"-fasiliteit wat kommersiële lugverkeer bedien.[4]
Terminale
[wysig | wysig bron]Fort Lauderdale–Hollywood Internasionale Lughawe het vier terminale met 66 hekke. Terminaal 1, waarna algemeen verwys word as "The New Terminal," het in fases tussen 2001 en 2003 geopen en is ontwerp deur Hellmuth, Obata en Kassabaum[5] en Cartaya Associates.[6] Die ander drie terminale is in 1986 gebou as deel van 'n $263 miljoen konstruksieprojek.[7] Terminaal 4, wat algemeen na verwys word as die Internasionale Terminaal, is in 1983 deur 'n Concorde-besoek ingewy. Sedert 2005 ondergaan T4 opknappings en 'n groot uitbreiding.
Landvervoer
[wysig | wysig bron]Fort Lauderdale–Hollywood Internasionale Lughawe is naby die Dania Beach-treinstasie, bedien deur Amtrak-intercity-treine en Tri-Rail-pendeltreine. Laasgenoemde verskaf 'n pendelbusdiens vanaf die stasie na drie plekke by die lughawe, almal op die onderste vlak. Die pendeldienste werk sewe dae per week en is gratis vir Tri-Rail-kliënte.
Lugrederye en bestemmings
[wysig | wysig bron]Top bestemmings
[wysig | wysig bron]Rang | Stad | Passasiers | Lugrederye |
---|---|---|---|
1 | Atlanta, Georgia | 1 225 000 | Delta, JetBlue, Southwest, Spirit |
2 | Newark, New Jersey | 821 000 | JetBlue, Spirit, United |
3 | New York–LaGuardia, New York | 721 000 | Delta, JetBlue, Spirit |
4 | New York-JFK, New York | 649 000 | American, Delta, JetBlue |
5 | Baltimore, Maryland | 494 000 | Southwest, Spirit |
6 | Charlotte, Noord-Carolina | 435 000 | American, Spirit |
7 | Boston, Massachusetts | 430 000 | Delta, JetBlue, Southwest, Spirit, United |
8 | Dallas/Fort Worth, Texas | 411 000 | Amercan, Spirit |
9 | Chicago-O'Hare, Illinois | 394 000 | American, JetBlue, Spirit, United |
10 | Philadelphia, Pennsilvanië | 388 000 | American, Frontier, Southwest, Spirit |
Rang | Stad | Passasiers | Rederye |
---|---|---|---|
1 | Cancún, Meksiko | 444 458 | JetBlue, Southwest, Spirit |
2 | Toronto–Pearson, Kanada | 415 443 | Air Canada, Air Canada Rouge, Air Transat, Flair, WestJet |
3 | Montréal–Trudeau, Kanada | 377 843 | Air Canada, Air Canada Rouge, Air Transat, Flair |
4 | Montego Bay, Jamaika | 300 294 | JetBlue, Southwest, Spirit |
5 | Punta Cana, Dominikaanse Republiek | 271 752 | JetBlue, Southwest, Spirit |
6 | Santo Domingo, Dominikaanse Republiek | 262 545 | JetBlue, Spirit |
7 | Kingston, Jamaika | 249 192 | Caribbean, JetBlue, Spirit |
8 | Bogotá, Colombia | 240 670 | Avianca, JetBlue, Spirit |
9 | San José, Costa Rica | 235 345 | JetBlue, Spirit |
10 | Nassau, Bahamas | 225 652 | Bahamasair, JetBlue, Silver, Southwest, Western Air |
Jaar | Passasiers | Jaar | Passasiers | Jaar | Passasiers |
---|---|---|---|---|---|
1997 | 12 277 411 | 2007 | 22 681 903 | 2017 | 32 511 053 |
1998 | 12 453 874 | 2008 | 22 621 698 | 2018 | 35 963 370 |
1999 | 13 990 692 | 2009 | 21 061 131 | 2019 | 36 747 622 |
2000 | 15 860 004 | 2010 | 22 412 627 | 2020 | 16 484 132 |
2001 | 16 407 927 | 2011 | 23 349 835 | 2021 | 28 076 808 |
2002 | 17 037 261 | 2012 | 23 569 103 | ||
2003 | 17 938 046 | 2013 | 23 559 779 | ||
2004 | 20 819 292 | 2014 | 24 648 306 | ||
2005 | 22 390 285 | 2015 | 26 941 511 | ||
2006 | 21 369 787 | 2016 | 29 205 002 |
Rang | Lugdiens | Passasiers | % markaandeel |
---|---|---|---|
1 | Spirit Airlines | 7 129 000 | 30,1% |
2 | JetBlue Airways | 4 345 000 | 18,3% |
3 | Southwest Airlines | 3 650 000 | 15,4% |
4 | Delta Air Lines | 3 125 000 | 13,2% |
5 | American Airlines | 2 192 000 | 9,2% |
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "AirportIQ 5010". Gcr1.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Junie 2017. Besoek op 11 September 2017.
- ↑ "Zoning Map Geargiveer op Wayback Machine."
- ↑ "Spirit Airlines Purchased Property For New Headquarters". The Real Deal South Florida (in Engels (VSA)). 23 Desember 2019. Besoek op 31 Maart 2021.
- ↑ "2018 Year End Traffic Recap" (PDF). broward.org 28. Desember 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 25 Desember 2018. Besoek op 6 Januarie 2018.
- ↑ "Meeting of January 5, 1999 Consent Agenda Board Appointments" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 8 Junie 2013. Besoek op 16 Junie 2012.
- ↑ "Cartaya Associates – Fort Lauderdale / Hollywood International Airport Terminal No.1 (Concourses B & C)". Cartayaandassociates.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Maart 2013. Besoek op 16 Junie 2012.
- ↑ Lasalandra, Michael (4 Maart 1987). "Firm Asks For Extra Payment Architect's Work at Airport in Dispute". South Florida Sun-Sentinel. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Desember 2013. Besoek op 16 Junie 2012.
- ↑ "Fort Lauderdale–Hollywood International". Bureau of Transportation Statistics. Besoek op 25 November 2022.
- ↑ "International_Report_Passengers | Department of Transportation - Data Portal". data.transportation.gov. Besoek op 23 Julie 2021.
- ↑ "Statistics". Broward.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Desember 2015. Besoek op 4 Junie 2015.
- ↑ "Fort Lauderdale, FL: Fort Lauderdale-Hollywood International (FLL)" (PDF). Broward County. Besoek op 1 November 2021.