Witwanggans
Witwanggans | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | B. leucopsis
|
Binomiale naam | |
Branta leucopsis (Bechstein, 1803)
|
Die witwanggans (Branta leucopsis) is 'n opvallende gans met 'n pikswart nek en witgevlekte gesig. Ook die wetenskaplike naam "leucopsis" beteken "wit gesig".
Hulle word op eilande en kusgebiede in die Noord-Atlantiese Oseaan aangetref, soos Groenland, Skotland, Ierland, Islay, die Binne-Hebride, Nederland en noord van Siberië tussen die Barents- en Kara-see.
Mannetjies en wyfies het 'n identiese veredos, met 'n wit-grys onderlyf, 'n donkergrys en swart gestreepte rug en stert, 'n swart nek en agterkop en wit gesig. Hierdie ganse is oor die algemeen nie aggressief nie en kan in groepe met ander watervoëls aangehou word.
Witwangganse se dieet bestaan uit gras en saad. Hulle sal ook die lêkorrels van hoenders en eende vreet.
Broeityd is tussen November en Maart (winter in die Noordelike halfrond). Die ganse bou 'n nes op die grond, tussen plante en gras, wat met dons uitgevoer word. Die wyfie lê tussen drie en vyf gryswit eiers wat na 24 tot 26 dae uitbroei. Die kuikens is self na twee tot drie jaar broeigereed.
Bronnelys
[wysig | wysig bron]- BirdLife International (2004). Branta leucopsis. 2006 IUBN-rooilys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2006. Verkry op 11 Mei 2006.
- Hilko Insel, (2005): Eksotiese Watervoëls. LAPA Uitgewers, Pretoria. ISBN 0-7993-3428-6