Bethlehem, Vrystaat: Verskil tussen weergawes
Anrie (besprekings | bydraes) k Kategorie:Dorpe in Suid-Afrika verwyder (met HotCat.js) |
Anrie (besprekings | bydraes) k Kategorie:Vrystaat na Kategorie:Stede en dorpe in die Vrystaat verander (met HotCat.js) |
||
Lyn 10: | Lyn 10: | ||
{{Koördinate|28|14|S|28|18|E|region:ZA_type:city|display=title}} |
{{Koördinate|28|14|S|28|18|E|region:ZA_type:city|display=title}} |
||
[[Kategorie:Vrystaat]] |
[[Kategorie:Stede en dorpe in die Vrystaat]] |
||
[[en:Bethlehem, Free State]] |
[[en:Bethlehem, Free State]] |
Wysiging soos op 15:25, 11 Oktober 2008
Bethlehem is die grootste dorp in die Oos-Vrystaat en die streek word hoofsaaklik deur landbouverbouing gekenmerk. Bethlehem is geleë in die oostelike deel van die Vrystaat-provinsie in Suid-Afrika.
Die dorp is in 1860 op die plaas Pretoriuskloof van ene J.C. Pretorius gestig, maar eers in 1884 geproklameer en munisipale status het eers in 1902 gevolg. Die naam is deur F.P. Naude, ‘n plaaslike kerkleier gegee. Die naam Bethlehem beteken eintlik “broodhuis” of “beit lechem” in Hebreeus. Dit is ‘n verwysing na die aard van landboubedrywighede in die area. Bethlehem is veral bekend vir graanverbouing en meer spesifiek koring.
Naby dié dorp is drie groot damme wat Bethlehem se inwoners van water voorsien. Dit is naamlik die Loch Athlone dam (bekend vir sy restaurant wat in die vorm van 'n skip, die Athlone Castle, gebou is), die Gerrandsdam en die Sol Plaatje dam. Laasgenoemde was eers bekend as die Saulspoortdam, maar die naam is terstond verander na 'n bus gelaai met COSATU-geaffilieerde vakbondwerkers, wat vanaf Kimberley na QwaQwa onderweg was om 'n Meidag viering by te woon, teen 'n spoed in die dam ingejaag het in Mei 2003. Dosyne passasiers is dood in die grootste busramp in die land se geskiedenis.
Die dorp word gekenmerk deur sandsteengeboue wat in die middedorp voorkom. Sandsteen is vroeër gebruik as boumateriaal aangesien dit volop in die berge en koppies in die area voorkom.