Tuisblad
Welkom by Wikipedia,
die vrye ensiklopedie wat deur enigiemand verbeter en uitgebrei kan word.
|
|
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep. | |
Inleiding • Hulp • Kontak | Gebruikersportaal • Voorbladartikels • Kategorieë • Stel ’n vraag |
Voorbladartikel
Die nasionale vlag van Georgië (Georgies: საქართველოს სახელმწიფო დროშა, sakartwelos sachelmtsʼipo drosja), ook bekend as die Vyfkruisevlag (ხუთჯვრიანი დროშა, choetjwriani drosja), is op 14 Januarie 2004 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n rooi Sint Joriskruis op ’n wit agtergrond met ’n rooi Bolnoer-Katskhoeri-kruis in elk van die kwadrante. Dit was oorspronklik die vlag van die Middeleeuse Koninkryk Georgië en is aan die einde van die 20ste en die begin van die 21ste eeu tydens die Georgiese nasionale herlewing in hergebruik geneem. Die vlag van die Middeleeuse Koninkryk Georgië is ’n Jerusalemkruis (’n groot kruis met kleiner kruise in elke kwadrant) wat uit die tydperk ná die heerskappy van koning George V dateer. Dit toon ook ooreenkomste met die vlag van die Bisantynse Ryk en die vlag van Engeland. Ná onafhanklikwording van die Russiese Ryk in 1918 het die Demokratiese Republiek van Georgië sy eie vlag in gebruik geneem wat ’n wynrooi baan met ’n swart en wit baan in die skildhoek getoon het. In 1921 is dié vlag ná die besetting van Georgië deur die Sowjetunie afgeskaf en die Georgiese Sosialistiese Sowjetrepubliek het in die 20ste eeu verskeie Sowjetvlae gebruik. Nadat Georgië in 1990 sy onafhanklikheid herwin het, is tot in 2004 ’n verlengde weergawe van die vlag van die Demokratiese Republiek van Georgië in gebruik geneem. Ná die vreedsame Roosrewolusie is in 2004 die huidige Vyfkruisevlag aanvaar.
In die nuus
Het u geweet...
... dat die Millau-brug naby Millau in die suide van Frankryk hoër is as die Eiffeltoring en net 40 meter korter as die Empire State-gebou? Die brug is in 2004 voltooi en as mens die steunpilare in ag neem, is dit die hoogste brug ter wêreld. ... dat die eerste wêreldrekord deur 'n Suid-Afrikaner in 1883 deur die verspringer Izak Prinsloo op Kerkplein in Pretoria opgestel is? In dié tyd het die plein ook as 'n mark en sportveld gedien. ... dat die oorspronklike benaming vir die eerste maand van die jaar (Januarie), die Latynse benaming is vir die Romeinse god Janus? Die vroeër benaming vir hierdie maand was "louwmaand" en dit stam uit die middel-Hollandse taal. In Holland word hierdie maandnaam nog gebruik, maar die Latynse benaming is meer algemeen. ... dat Keulen in Duitsland naas die Franse stad Bordeaux in die 13de eeu die grootste uitvoerhawe vir wyn was? Engeland was een van die vernaamste bestemmings. Vandag is die stad beter bekend vir sy bier, Kölsch, wat ook die naam van die plaaslike dialek is. ... dat die Blohm & Voss BV 138-vliegboot dieselaangedrewe motors gebruik het?
Vandag in die geskiedenis
|
Vind artikels
| |
Geografie - Geologie Afrika • Suider-Afrika • Amerika • Antarktika • Asië • Europa • Oseanië Rusland • Turkye • Verenigde State van Amerika Lande • Baaie • Berge • Eilande • Mere • Oseane • Riviere • Woestyne | ||
Geskiedenis | ||
Kultuur | ||
Religie | ||
Samelewing | ||
Taal | ||
Tegnologie | ||
Wetenskap | ||
Wikipedia in ander tale
| ||
Weergawes met meer as 1 000 000 artikels العربية • مصرى • Cebuano • Deutsch • English • Español • Français • Italiano • 日本語 • Nederlands • Polski • Português • Русский • Svenska • Українська • Tiếng Việt • Winaray • 中文 | ||
Weergawes met meer as 750 000 artikels فارسی | ||
Weergawes met meer as 500 000 artikels Нохчийн • Català • Čeština • Suomi • Magyar • Bahasa Indonesia • 한국어 • Norsk (bokmål) • Română • Srpskohrvatski / српскохрватски • Српски / srpski • Türkçe • Татарча / tatarça • Bân-lâm-gú | ||
Weergawes met meer as 250 000 artikels Беларуская • Български • Cymraeg • Dansk • Ελληνικά • Esperanto • Eesti • Euskara • עברית • Հայերեն • Қазақша • Baso Minangkabau • Bahasa Melayu • Simple English • Slovenčina • Oʻzbekcha | ||
Weergawes met meer as 100 000 artikels Afrikaans • Asturianu • Azərbaycanca • تۆرکجه • বাংলা • Bosanski • Galego • हिन्दी • Hrvatski • ქართული • Latina • Lietuvių • Latviešu • Malagasy • Македонски • मराठी • မြန်မာဘာသာ • Norsk (nynorsk) • Occitan • Slovenščina • Shqip • தமிழ் • Тоҷикӣ • ไทย • اردو • 粵語 | ||
Weergawes met meer as 50 000 artikels Башҡорт • Беларуская (тарашкевіца) • Brezhoneg • کوردی • чӑвашла • Frysk • Gaeilge • Kreyòl ayisyen • Íslenska • Basa Jawa • Kurdî / كوردی • Кыргызча • Lëtzebuergesch • Ladin • lombard • മലയാളം • Plattdüütsch • नेपाल भाषा • ਪੰਜਾਬੀ • Piemontèis • شاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī) • Basa Sunda • Kiswahili • Ślůnski • తెలుగు • Tagalog • Vèneto | ||
Lys van alle taalweergawes van Wikipedia
| ||
Susterprojekte
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
|
Indien u die verkeerde datum sien of sjablone opgedateer het, moet u die voorblad verfris.
|