Limburg, Nederland: Verskil tussen weergawes
Wwikix (besprekings | bydraes) →Munisipaliteite: bygewerk |
k thumb → duimnael |
||
Lyn 166: | Lyn 166: | ||
== Munisipaliteite == |
== Munisipaliteite == |
||
[[Lêer:Prov-Limburg-OpenTopo.jpg| |
[[Lêer:Prov-Limburg-OpenTopo.jpg|duimnael|Limburg]] |
||
[[Lêer:Camerig-Uitzicht0566.JPG| |
[[Lêer:Camerig-Uitzicht0566.JPG|duimnael|[[Camerig]] en omgewing]] |
||
[[Lêer:Rur Roermond.jpg| |
[[Lêer:Rur Roermond.jpg|duimnael|[[Roermond]]]] |
||
Limburg bestaan uit 31 munisipaliteite: |
Limburg bestaan uit 31 munisipaliteite: |
Wysiging soos op 15:46, 15 Januarie 2019
Limburg | |
---|---|
Provinsie | |
Ligging van die provinsie Limburg in Nederland | |
Koördinate: 51°13′N 5°56′O / 51.217°N 5.933°O | |
Land | Nederland |
Hoofstad | Maastricht |
Grootste stad | Maastricht |
Regering | |
• Kommissaris | Theo Bovens (CDA) |
Oppervlak | |
• Totaal | 2 209 km2 (853 vk. myl) |
• Land | 2 151 km2 (831 vk. myl) |
• Water | 58 km2 (22 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 1 120 006 |
• Digtheid | 507/km2 (1 313/vk. myl) |
Tydsone | UTC+01:00 (MET) |
• Somertyd | UTC+02:00 (MEST) |
Webwerf | www.limburg.nl |
Limburg (Limburgse uitspraak: Lèmburg) is een van die 12 provinsies van Nederland en is in die suidooste geleë. Die provinsie het 'n bevolking van 1 120 000 in 2014 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 2 209 km² met 'n bevolkingsdigtheid van 507 per km². Die hoofstad en grootste stad is Maastricht.
Geografie
Limburg lê in die suidooste van Nederland. Die provinsie grens in die noorde aan die Nederlandse provinsie Gelderland, in die ooste aan die Duitse deelstaat Noordryn-Wesfale, in die suide aan die Belgiese provinsies Luik en Limburg, in die suidweste ook aan Belgies Limburg en in die noordweste aan die Nederlandse provinsie Noord-Brabant.
Limburg is in die noorde en midde 'n glooiende provinsie, maar in die suide heuwelagtig, waar die uitlopers van die Ardenne- en Eifel-bergreeks is. Die hoogste punt is daarom ook in hierdie Suid-Limburg op die Drielandepunt van die Vaalserberg (323 m), op die gesamentlike grens met België en Duitsland (aan Nederlandse kant in die munisipaliteit Vaals geleë).
Deur die provinsie vloei van suid na noord die Maas-rivier. Die Maas is 'n belangrike rivier vir transport en ontspring in Frankryk. Die Maas is 'n reënwaterrivier.
Geskiedenis
Limburg was 'n deel van die Romeinse Ryk. Daar is baie voorwerpe uit die periode in Limburg ontdek. Ook is daar nog (onderdele van) geboue uit die periode van die geskiedenis. Maastricht was bekend as Mosa Trajectum, Mosa ad Trajectum of Trajectum.
Die midde en noorde van Limburg het vroeër tot die hertogdom Gelre en later met Maastricht tot die Republiek van die Sewe Verenigde Nederlande behoort. In 1795 het die Franse veroweraars die departement Beneden-Maas geskep, wat grotendeels ooreenkom met die provinsies Limburg in België en Nederland. Na die ontstaan van die Verenigde Koninkryk van die Nederlande is die naam in 1815 in Limburg gewysig. Na die onafhanklikheid van België is in 1839 die provinsie in Belgies en Nederlands Limburg verdeel.
Tale
In die provinsie word naas Nederlands ook die Limburgse dialek gepraat. In die uiterste suidooste word die Ripuariese dialek gebesig (munisipaliteite Kerkrade-Simpelveld-Vaals).
Religie
Die provinsie is 'n Rooms-Katolieke bisdom, Roermond, en tradisioneel nagenoeg volledig Rooms-Katoliek.
Kultuur
Die provinsie het 'n unieke kultuur ten opsigte van die andere provinsies met sy dialekte, skutterye, musiekverenigings, kermis, geregte en dranke. Die kultuur, tradisies, dialekte alsook die volkslied is identiek aan Limburg in België.
Munisipaliteite
Limburg bestaan uit 31 munisipaliteite:
Munisipaliteite | Inwoners (2011) |
---|---|
Beek | 17 000 |
Beekdaelen | 37 000 |
Beesel | 14 000 |
Bergen | 13 000 |
Brunssum | 29 000 |
Echt-Susteren | 32 000 |
Eijsden-Margraten | 25 000 |
Gennep | 17 000 |
Gulpen-Wittem | 14 000 |
Heerlen | 89 000 |
Horst aan de Maas | 42 000 |
Kerkrade | 47 000 |
Landgraaf | 38 000 |
Leudal | 37 000 |
Maasgouw | 24 000 |
Maastricht | 120 000 |
Meerssen | 19 000 |
Mook en Middelaar | 8 000 |
Nederweert | 17 000 |
Peel en Maas | 43 000 |
Roerdalen | 21 000 |
Roermond | 56 000 |
Simpelveld | 11 000 |
Sittard-Geleen | 95 000 |
Stein | 26 000 |
Vaals | 10 000 |
Valkenburg aan de Geul | 17 000 |
Venlo | 100 000 |
Venray | 43 000 |
Voerendaal | 13 000 |
Weert | 49 000 |
Sien ook
Verwysings
- ↑ (nl) "Bodemgebruik; uitgebreide gebruiksvorm, per gemeente". Centraal Bureau voor de Statistiek. 2013. Besoek op 28 Maart 2016.
- ↑ (nl) "Bevolkingsontwikkeling; regio per maand". Centraal Bureau voor de Statistiek. 2014. Besoek op 28 Maart 2016.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Limburg, Nederland.
- (nl) Amptelike webwerf van die provinsie Limburg
- (nl) Toeristiese inligting oor Limburg