Gaan na inhoud

Spanje: Verskil tussen weergawes

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Geskrapte inhoud Bygevoegde inhoud
Inligting bygewerk
Algemeen: regstelling
Lyn 81: Lyn 81:


== Algemeen ==
== Algemeen ==
Naas Frankryk en die Europese deel van die Sowjetunie is Spanje die grootste land in Europa. Met inbegrip van die Baleariese en Kanariese Eilande is die oppervlakte 504 800 km<sup>2</sup>.
Naas Frankryk en die Europese deel van Rusland is Spanje die grootste land in Europa. Met inbegrip van die Baleariese en Kanariese Eilande is die oppervlakte 504 800 km<sup>2</sup>.


Spanje beslaan ongeveer 85 % van die Iberiese Skiereiland; Portugal beslaan die res van die skiereiland. Die grens tussen die twee lande is ongeveer 1 000 km lank, terwyl die grens tussen Spanje en [[Frankryk]], die Pireneë, sowat 500 km lank is. Die res van die land grens aan die see.
Spanje beslaan ongeveer 85 % van die Iberiese Skiereiland; Portugal beslaan die res van die skiereiland. Die grens tussen die twee lande is ongeveer 1 000 km lank, terwyl die grens tussen Spanje en [[Frankryk]], die Pireneë, sowat 500 km lank is. Die res van die land grens aan die see.

Wysiging soos op 09:32, 13 Augustus 2019

Reino de España
Koninkryk Spanje
Vlag van Spanje Wapen van Spanje
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Plus Ultra
(Latyns vir: "Steeds verder")
Volkslied: Marcha Real[1]
(Spaans vir: "Koninklike Mars")
Ligging van Spanje
Hoofstad Madrid

40°26′N 03°42′W / 40.433°N 3.700°W / 40.433; -3.700

Grootste stad Madrid
Amptelike tale Spaans
Regering Unitêre parlementêre
grondwetlike monargie
Felipe VI
Pedro Sánchez
Onafhanklikheid
Vorming
• Dinasties
de facto
de jure
• Nasionale staat
• Grondwetlike monargie
• Huidige grondwet


20 Januarie 1479
23 Januarie 1516
9 Junie 1715
19 Maart 1812
12 April 1931
29 Desember 1978
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
505 990 km2  (51ste)
195 360 myl2
1,04
Bevolking
 - 2013-skatting
 - 2016-sensus
 - Digtheid
 
46 704 314[2] (28ste)
46 354 321
92 / km2 (112de)
238,3 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2018-skatting

$1 864 miljard[3] (16de)
$40 290[3] (31ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2018-skatting

$1 506 miljard[3] (12de)
$32 559[3] (30ste)

MOI (2015) 0,884[4] (27ste)  –  baie hoog
Gini (2016) 34,5[5] –  medium
Geldeenheid Euro (€) (EUR)
Tydsone
 - Somertyd
MET (UTC+1)
MEST (UTC+2)
Internet-TLD .es
Skakelkode +34
Nasa-Satellietbeeld van Spanje
Geografiese kaart van Spanje
Taalverspreidingkaart van Spanje
Bevolkingsdigtheidkaart van Spanje

Spanje (Spaans: España, [esˈpaɲa], ), amptelik die Koninkryk Spanje (Spaans: Reino de España, Katalaans: Regne d'Espanya, Aragonees: Reino d'Espanya, Asturies: Reinu d'España, Baskies: Espainiako Erresuma, Galicies: Reino de España, Oksitaans: Reiaume d'Espanha), is 'n land in die suidweste van Europa. Dit deel die Iberiese Skiereiland met Portugal en Gibraltar. In die noorde word Spanje begrens deur die Pireneë van Frankryk en die landjie Andorra. Die Baleariese Eilande in die Middellandse See, die Kanariese Eilande voor die westelike kus van Noord-Afrika, Ceuta en Melilla behoort ook tot Spanje.

Die amptelike taal is Spaans, terwyl Aragonees, Asturies, Baskies, Galicies, Katalaans en Oksitaans as streekstale erken word.

Na Francisco Franco se dood in 1975 word Spanje 'n grondwetlike monargie. Spanje is sedert 30 Mei 1982 'n lid van die NAVO en sedert 1 Januarie 1986 lid van die Europese Unie. In 1999 het die land by die Eurosone aangesluit; sedert 2002 is Eurobanknote en -muntstukke in omloop.


Algemeen

Naas Frankryk en die Europese deel van Rusland is Spanje die grootste land in Europa. Met inbegrip van die Baleariese en Kanariese Eilande is die oppervlakte 504 800 km2.

Spanje beslaan ongeveer 85 % van die Iberiese Skiereiland; Portugal beslaan die res van die skiereiland. Die grens tussen die twee lande is ongeveer 1 000 km lank, terwyl die grens tussen Spanje en Frankryk, die Pireneë, sowat 500 km lank is. Die res van die land grens aan die see.

Die 2 Marokkaanse kusstede Melilla en Ceuta, die eilande en eilandgroepies Penon de Vélez de la Gomera, Islas de Alhucemas en die Chafarin, wat aan die kus van Marokko lê, en die eiland Alboran, wat ongeveer half pad tussen Melilla en die Spaanse vasteland lê, behoort ook aan Spanje.

Landskap

Buiten Switserland is Spanje die bergagtigste land in Europa. Die land le gemiddeld 660 m bo seespieël, en een sesde van Spanje lê hoër as 1 000 m.

In die Pireneë is pieke wat hoër as 3 000 m is. Spanje bestaan ruweg uit 'n groot plato, die Meseta of Spaanse hoogvlakte, wat tussen 600 en 1 000 m hoog is en deur bergreekse om ring word. In die noorde is die Cordillera Cantabrica (Kantabriese Gebergte), met die Picos de Europa as die hoogste piek (2 648 m).

Suid van die Ebrorivier le die Cordillera lbérica (ook Sistema lberico genoem), met die Sierra de Gúdar as die hoogste deel. Heeltemal suid, in die Sierra Nevada, is die Sistema Béticos, met die Mulhacén (3 482 m) as die hoogste piek. Deur die gebergte loop die hoogste pad in Europa, naamlik tussen Granada en Pichacho de Veleta (3392 m).

Die Meseta word in 'n noordelike en 'n suidelike gebied verdeel deur die sentrale bergland noord van Madrid, waarvan onder meer die Sierra de Guadarrama, die Sierra de Gredos en die Sierra de Avila deel uitmaak. Dit vorm ook die grenslyn tussen die historiese landstreke Oud- en Nieu-Kastilië.

Afgesien van die groot berge wat om die Meseta geleë is, is daar 'n aantal kleiner berge wat verspreid oor die hoogvlakte lê, onder meer die Sierra Morena (noord van die Guadalquivir) en die Montes de Toledo.

Klimaat

Spanje is 'n uitgestrekte land met 'n ander klimaat in feitlik elke streek. Die Meseta het 'n kontinentale klimaat met 'n groot verskil tussen winter- en somertemperature. Die Kastiliane beskryf hulle klimaat gewoonlik as 3 maande van hel en 9 maande winter. In Madrid is die maksimumtemperatuur in die somer 40 °C en in die winter - 7 °C.

Die Meseta ontvang gemiddeld slegs 370 mm reën per jaar, hoofsaaklik gedurende die lente en die herfs. Noord- en Noordwes-Spanje het matige winters en warm somers. Die reënval is daar byna oral meer as 1 000 mm per jaar en op plekke selfs meer as 1 500 mm.

Die Spaanse ooskus het ʼn Mediterreense klimaat met warm, droë somers en matige, nat winters. In Barcelona is die gemiddelde temperatuur in die winter 8 °C en in die somer 26 °C. Die gebied ontvang gemiddeld 500 mm reën per jaar, hoofsaaklik in die winter. In die suidooste is die klimaat min of meer dieselfde, maar die gemiddelde wintertemperatuur is aansienlik hoër (tot byna 15 °C). Ongeveer een derde van Spanje het 'n Mediterreense klimaat. Die klimaat van die verre suide stem baie ooreen met die van Noord-Afrika.

Veral die lae dele het geweldig warm somers en uitsonderlik sagte winters. Die kusstrook van Gibraltar tot by Alicante is die warmste streek. Malaga se temperatuur in die winter is gemiddeld 13 °C en in die somer 27 °C. Die gebied tussen Murcia en Almeria is woestynagtig en kry nie meer as 300 mm reën per jaar nie.

Riviere en mere

Die meeste riviere in Spanje water in 'n oostelike rigting in die Middellandse See af. Feitlik al die riviere is onbevaarbaar. Die belangrikste riviere (van noord na suid) is die Llobregat (gedeeltelik bevaarbaar), die Ebro (ook gedeeltelik bevaarbaar), die Turia, die Júcar, die Sangonera, die Almanzora, die Andarax, die Guadalhorce en die Guadiaro. Die Taag en die Doura mond albei in Portugal in die Atlantiese Oseaan uit.

Die Guadiana, wat in die suide aan Portugal grens, sowel as die Guadalquivir en die Guadalete, vloei na die Atlantiese Oseaan. In die noorde en noordweste is daar talle riviere aan die kus, waarvan die Nervion, die Besaya, die Bidassoa, die Deva, die Nalon, die Navia en die Rivadeo die belangrikstes is. Buiten die stumere het Spanje baie min mere: suid van Valencia is 'n groot strandmeer, La Albufera, en oos van Cartagena lê 'n tweede, die Mar Menor.

Kuste

Die kuslyn aan die Middellandse See is ongeveer 1 700 km lank en baie egalig. Groot dele bestaan uit mooi sandstrande, wat gewilde toeriste-aantreklikhede is. Die Costa Brava (van die grens met Frankryk af tot by Barcelona), die Costa Dorada (van Barcelona af tot by die monding van die Ebro), die Costa Blanca (van Kaap de la Nao af tot by Kaap de Palos) en die Costa del Sol aan weerskante van Málaga is van die mooiste en gewildste kusstroke aan die Spaanse kus.

In die suidweste (by die delta van die Guadalquivir) is 'n groot gebied met duine, naamlik die Arenas Gordas. Die noordkus van Spanje is steil en rotsagtig en is dus nie vir toeriste geskik nie. Dit is 'n sogenaamde riaskus. waar versonke riviermondings diep, smal baaie (rias) vorm.

Fauna en flora

Spanje het vroeër groot beboste gebiede gehad, maar dit is deur oorloë, grondontginning, weiding en die bewerking van plantasies vernietig. Vandag is slegs sowat 10 % van Spanje se grondgebied bebos. Uitgestrekte bosse kom nog net in die Pireneë en noordwestelike dele van die land voor. Tog lewer die land belangrike bosbouprodukte soos hars en kurk. Spanje is die tweede grootste kurkprodusent ter wêreld. In die laaste paar dekades het die Spaanse regering pogings aangewend om die land weer te bebos.

Hoewel Spanje steeds 'n jagtersparadys is. het die wildgetalle –soos elders in Europa- geweldig afgeneem. Ter beskerming van die dierelewe het die owerheid sedert 1918 ʼn hele aantal wildreservate aangelê. Die oudste reservaat is die van Covadonga by Oviedo. Later het die van Ordesa in die Pireneë, en Donana in die duine en moerasse suidwes van Sevilla, en die by Tenerife en San Miguel de la Palma (Kanariese Eilande) bygekom.

Tradisionele landstreke

Geografies en tradisioneel kan Spanje in verskeie landstreke, elk met sy eie kenmerkende eienskappe, verdeel word. In die verre suide lê Andalusië, wat duidelike invloede van Afrika (Moorse) sowel as Europa toon. Dit is een van die onderontwikkelde streke waar grondbesit nog 'n belangrike rol speel. Andalusië het 'n paar groot stede met 'n kleurryke verlede en talle besienswaardighede, onder meer Sevil la, Granada en Malaga. Kastilië is in baie opsigte die hart van Spanje.

Sedert die Middeleeue het die gebied, wat min of meer met die Meseta ooreenstem, 'n oorheersende rol gespeel en Kastiliaans het byvoorbeeld Spanje se amptelike taal geword. Kastilië is hoofsaaklik 'n landbougebied en bestaan uit eindelose kaal vlaktes. In die noorde is Oud-Kastilië en in die suide Nieu-Kastilië. Belangrike stede in die noorde is Salamanca. Valladolid en Burgos. Die hoofstad van Spanje. Madrid, lê in Nieu-Kastilië. Die noorde van Spanje staan as Kantabrië bekend.

Dit is 'n bergagtige gebied en bestaan van wes na oos uit Galicië, Asturië, Léon en die Baskiese provinsies. Galicië ontvang die meeste reën. maar is nog nie vir toerisme ontsluit nie. Asturië is 'n mynbou- en swaarnywerheidsgebied. Léon kom baie ooreen met Kastilië. Die Baskiese provinsies in die noorde is veral bekend om hulle welvarendheid in vergelyking met ander en ook om die inwoners se sterk nasionalisme. Aan die voet van die Pireneë in die weste lê Navarra en in die ooste Katalonië.

Navarra het noue bande met sowel die Baske as Frankryk. Katalonië is ekonomies die beste ontwikkel en is meer verwesters as ander dele van Spanje. Omdat hulle relatief ryk is en hulle eie taal praat, voel die Kataloniërs net so min Spaans as die Baske. Aragón lê half ingedruk tussen Navarra en Katalonië. Dit is ʼn bergagtige, baie onvrugbare agrariese gebied. Die gebied langs die Middellandse See, tussen Katalnonië en Andalusië, word die Levant genoem. Dit omvat die streek Valencia met sy uitstekende klimaat en sitrusverbouing, en die woestynagtige gebied Murcia.  

Sport

Sokker is die gewildste sport in Spanje. Real Madrid en FC Barcelona is twee van die suksesvolste sokkerspanne wêreldwyd. Die Spaanse nasionale sokkerspan kon die UEFA Europa-beker drie keer verower (1964, 2008 en 2012) en het die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 gewen. Hulle is die eerste span wat drie groot internasionale toernooie in 'n lyn kon wen. Spanje se hoogste sokkerliga is die La Liga, gevolg deur Secunda División.

Basketbal, tennis, fietsry, handbal, futsal, motorfietsry en, in die afgelope tyd, Formule Een is ook gewilde sportsoorte. Die Spaanse nasionale rugbyspan kon vir die Rugbywêreldbeker 1999 kwalifiseer, maar het laaste in die groepfase geëindig. Hulle ding in die Europese Nasiesbeker met ander opkomende rugbyspanne mee.

Die Vuelta a España is 'n belangrike fietswedren wat elke September gehou word en tot die drie Grand Tours behoort, saam met die Tour de France en die Giro d'Italia. In Formule Een word sedert 1913 die Spaanse Grand Prix aangebied.

Spanje het al verskeie groot sportgeleenthede soos die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982 en die Olimpiese Somerspele 1992 aangebied.

In hul onderskeie streke is die sporte Baskiese pelote en Valensiaanse pelote baie gewild.

Verwysings

  1. (es) Spaanse Regering (11 Oktober 1997). "Real Decreto 1560/1997, de 10 de octubre, por el que se regula el Himno Nacional" (PDF). Boletín Oficial del Estado núm. 244. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 24 September 2015. Besoek op 1 Junie 2018. {{cite web}}: Onbekende parameter |deadurl= geïgnoreer (hulp)
  2. (en) "Population Figures at 1 January 2013" (PDF). Instituto Nacional de Estadística (INE). Besoek op 1 Junie 2018.
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 (en) "Spain". Internasionale Monetêre Fonds. Besoek op 1 Junie 2018.
  4. (en) "2016 Human Development Report" (PDF). United Nations Development Programme. 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 22 Maart 2017. Besoek op 1 Junie 2018. {{cite web}}: Onbekende parameter |deadurl= geïgnoreer (hulp)
  5. (en) "Gini coefficient of equivalized disposable income (source: SILC)". Eurostat Data Explorer. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016. Besoek op 1 Junie 2018. {{cite web}}: Onbekende parameter |deadurl= geïgnoreer (hulp)

Eksterne skakels