Gaan na inhoud

Juan Manuel Fangio: Verskil tussen weergawes

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Geskrapte inhoud Bygevoegde inhoud
k robot Bygevoeg: sk:Juan Manuel Fangio
k robot Bygevoeg: id:Juan Manuel Fangio
Lyn 31: Lyn 31:
[[hr:Juan Manuel Fangio]]
[[hr:Juan Manuel Fangio]]
[[hu:Juan Manuel Fangio]]
[[hu:Juan Manuel Fangio]]
[[id:Juan Manuel Fangio]]
[[it:Juan Manuel Fangio]]
[[it:Juan Manuel Fangio]]
[[ja:ファン・マヌエル・ファンジオ]]
[[ja:ファン・マヌエル・ファンジオ]]

Wysiging soos op 13:38, 30 Maart 2009

Juan Manuel Fangio

Juan Manuel Fangio (24 June, 191117 Julie, 1995) was 'n bekende Argentynse renjaer en vyf keer wenner van die Formule Een kampioenskap waarvan vier agtereenvolgend tussen 1954-57 was.

Hy is gebore in Balcarce, Argentinië. Hy het sy renloopbaan in 1934 in Suid-Amerika begin, hoofsaaklik in langafstand wedrenne en is in 1940 en 1941 as die Nasionale Kampioen bekroon. Die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog het sy opgang vertraag en hy kon eers in 1947 in Europa begin deelneem.

Hy was aanvanklik nie baie suksesvol nie, maar dit het alles verander toe hy vir Alfa Romeo in 1950 begin jaag het. Hy het die tweede plek in die kampioenskap van 1950 beklee en sy eerste titel in 1951 verower. Hy het goed gedoen in die 1952 seisoen in 'n Maserati totdat sy seisoen kortgeknip is deur 'n nekbesering wat hy in 'n ernstige ongeluk te Monza in Italië opgedoen het. In 1954 het hy weer teruggekeer en in 'n Maserati begin jaag en oorgeskakel na Mercedes toe hulle in die middel van die seisoen ingeskryf het. Hy het in daardie jaar agt van twaalf wedrenne (ses van die agt wat deel gevorm het van die amptelike kampioenskapskalender) gewen en weer vir Mercedes in 1955 gejaag. Teen die einde van die tweede suksesvolle seisoen (wat oorskadu is deur die tragiese ramp te Le Mans waarin 81 toeskouers gesterf het). Mercedes het al die titels gewen en toe onttrek van Formule Een wedrenne.

In 1956 het Fangio na Ferrari geskuif waar hy vir Alberto Ascari vervang het wat in 'n ongeluk gesterf het en toe sy vierde titel verower, deur eerste in drie wedrenne te eindig en tweede in al die oorblywende kampioenskapswedrenne. In 1957 het hy weer sy terugkeer na Maserati gemaak waar hy sy vyfde titel gewen het deur 'n uitsonderlike poging om sy finale oorwinning by die Nurburgring in Duitsland te verseker. Na sy reeks agtereenvolgende kampioenskappe het hy in 1958 afgetree na die Franse Grand Prix na hy 24 Grand Prixs gewen het uit 'n totaal van 51 waarin hy deelgeneem het.

Hy is op 23 Februarie, 1958 deur Kubaanse rebelle ontvoer maar is later weer vrygelaat. Hy was daarna tot en met sy dood 'n verteenwoordiger vir Mercedes-Benz, waar hy dikwels in sy voormalige renmotors in vertoonrondtes deelgeneem het. In 1990 is hy ingelyf by die Internasionale Motorsport se ererol. Hy is na sy dood in die Ciudad de Balcarce Begrafplaas in Argentinië begrawe.

Eksterne skakel