Gaan na inhoud

Limburg, Nederland: Verskil tussen weergawes

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Geskrapte inhoud Bygevoegde inhoud
RedBot (besprekings | bydraes)
k r2.7.2) (robot Verander: de:Provinz Limburg (Niederlande)
RedBot (besprekings | bydraes)
k r2.7.2) (robot Bygevoeg: pnb:لمبرگ
Lyn 130: Lyn 130:
[[os:Лимбург (Нидерландтæ)]]
[[os:Лимбург (Нидерландтæ)]]
[[pl:Limburgia (Holandia)]]
[[pl:Limburgia (Holandia)]]
[[pnb:لمبرگ]]
[[pt:Limburgo (Países Baixos)]]
[[pt:Limburgo (Países Baixos)]]
[[ro:Limburg (Țările de Jos)]]
[[ro:Limburg (Țările de Jos)]]

Wysiging soos op 12:39, 6 Julie 2012

Zuid-HollandNoord-HollandFrieslandGroningenDrentheFlevolandOverijsselGelderlandUtrechtLimburgNoord-BrabantZeeland
Ligging van Provinsie Limburg in Nederland
Die vlag van Nederlands Limburg
Die wapen van Nederlands Limburg
Roermond
Camerig en omgewing

Limburg (Limburgse uitspraak: Lèmburg) is een van die twaalf provinsies van Nederland, met 'n bevolking van sowat 1 123 000 (2009), 'n oppervlakte van 2 209 km² en 'n bevolkingsdigtheid van 522 inwoners per km². Die hoofstad is Maastricht.

Geografie

Limburg lê in die suidooste van Nederland. Die provinsie grens in die noorde aan die Nederlandse provinsie Gelderland, in die ooste aan die Duitse deelstaat Noordryn-Wesfale, in die suide aan die Belgiese provinsies Luik en Limburg, in die suidweste ook aan Belgies Limburg en in die noordweste aan die Nederlandse provinsie Noord-Brabant.

Limburg is in die noorde en midde 'n glooiende provinsie, maar in die suide heuwelagtig, waar die uitlopers van die Ardenne- en Eifel-bergreeks is. Die hoogste punt is daarom ook in hierdie Suid-Limburg op die Drielandepunt van die Vaalserberg (323 m), op die gesamentlike grens met België en Duitsland (aan Nederlandse kant in die munisipaliteit Vaals geleë).

Deur die provinsie vloei van suid na noord die Maas-rivier.

Geskiedenis

Die midde en noorde van Limburg het vroeër tot die hertogdom Gelre en later met Maastricht tot die Republiek van die Sewe Verenigde Nederlande behoort. In 1795 het die Franse veroweraars die departement Beneden-Maas geskep, wat grotendeels ooreenkom met die provinsies Limburg in België en Nederland. Na die ontstaan van die Verenigde Koninkryk van die Nederlande is die naam in 1815 in Limburg gewysig. Na die onafhanklikheid van België is in 1839 die provinsie in Belgies en Nederlands Limburg verdeel.

Tale

In die provinsie word naas Nederlands ook die Limburgse dialek gepraat. In die uiterste suidooste word die Ripuariese dialek gebesig (munisipaliteite Kerkrade-Simpelveld-Vaals).

Munisipaliteite

Die provinsie Limburg se munisipaliteite

Limburg bestaan uit 33 munisipaliteite:[1]

  1. Beek, 17 000
  2. Beesel, 14 000
  3. Bergen, 13 000
  4. Brunssum, 29 000
  5. Echt-Susteren, 32 000
  6. Eijsden-Margraten, 25 000
  7. Gennep, 17 000
  8. Gulpen-Wittem, 14 000
  9. Heerlen, 89 000
  10. Horst aan de Maas, 42 000
  11. Kerkrade, 47 000
  1. Landgraaf, 38 000
  2. Leudal, 37 000
  3. Maasgouw, 24 000
  4. Maastricht, 120 000
  5. Meerssen, 19 000
  6. Mook en Middelaar, 8 000
  7. Nederweert, 17 000
  8. Nuth, 16 000
  9. Onderbanken, 8 000
  10. Peel en Maas, 43 000
  11. Roerdalen, 21 000
  1. Roermond, 56 000
  2. Schinnen, 13 000
  3. Simpelveld, 11 000
  4. Sittard-Geleen, 95 000
  5. Stein, 26 000
  6. Vaals, 10 000
  7. Valkenburg aan de Geul, 17 000
  8. Venlo, 100 000
  9. Venray, 43 000
  10. Voerendaal, 13 000
  11. Weert, 49 000

Sien ook

Verwysings

  1. Inwoners per 1 Januarie 2011 (afgerond)

Eksterne skakels