Gaan na inhoud

Nissan X-Trail

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur Aliwal2012 (besprekings | bydraes) op 16:46, 25 Januarie 2015 (Nuwe bladsy geskep met 'Die '''Nissan X-Trail''' is 'n kompakte of mediumgrootte oorkruis SNV wat sedert 2000 vervaardig word deur die Japannese motormaatskappy Nissan. As gevolg van langer...')
(verskil) ← Ouer weergawe | bekyk huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)

Die Nissan X-Trail is 'n kompakte of mediumgrootte oorkruis SNV wat sedert 2000 vervaardig word deur die Japannese motormaatskappy Nissan. As gevolg van langer afmetings in sy derde geslag, word dit nou beskou as 'n middel-grootte oorkruis SNV. Dit was een van Nissan se eerste oorkruis SNVs en is vrygestel op ongeveer dieselfde tyd as 'n paar ander mededingermaatskappye se motor-gebaseerde kompakte SNVs, soos die Suzuki Grand Vitara, Ford Escape en Mazda Tribute, die Hyundai Tucson, Honda CR-V en die Toyota RAV4.

Die X-Trail is onder die vragmotor-gebaseerde Xterra en Pathfinder geplaas en is nog nooit deur handelaars in die Verenigde State van Amerika bemark nie. Die eerste geslag was beskikbaar in Kanada totdat dit vervang is deur die Nissan Rogue. Maar beide die Rogue en die X-Trail is verkoop in Meksiko. Die Rogue deel dieselfde platform as die tweede geslag X-Trail en is soortgelyk aan die Qashqai. Die X-Trail se alle-modus 4x4 oordragkas stel die bestuurder instaat om te kies tussen 2WD, 4WD of 4WD Lock deur 'n elektroniese skakelaar op die paneelbord. Die maatskappy bied tans 'n waterstof-brandstofsel model genaamd die X-Trail FCV op huurkontrak aan besighede.

Die belangrikste produksie-aanlegte van die X-Trail is in Kioesjoe, Japan (2013-tans) en Kanda, Japan (2000-2013); alhoewel onderdele en enjins wat in Japan geproduseer word, ook deur ander Nissanfabrieke in talle lande gebruik word.


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.