Gaan na inhoud

Opregte suikerbos

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur Swerfvalk (besprekings | bydraes) op 11:09, 15 Februarie 2018 (Voeg lys van proteaspesies by)

Opregte suikerbos
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
P. repens
Binomiale naam
Protea repens
L.

Die Opregte suikerbos (Protea repens) is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Oos-Kaap voor. Op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig'(LC) gelys.[1]

Dit groei in die winterreënvalstreke as 'n struik of 'n klein boompie. Dit kom voor vanaf seevlak tot so hoog as 2,000 m. Die boom word ongelukkig dikwels uitgeroei wanneer bewerkbare grond op laagliggende berghellings voorberei word vir boerderydoeleindes. Dit is egter ook die eerste plant wat sal groei in die veld wat deur vuur verwoes is. Die blomme is so ryk aan nektar dat dit as 'n wolkie uitgeskud kan word. Die nektar kan gekook word tot suikerbosstroop, 'n soet en strelende hoesmiddel. As dit lank genoeg gekook word, word dit suiker.

Galery

Sien ook

Bronne