Gaan na inhoud

Vlermuisvalk

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur InternetArchiveBot (besprekings | bydraes) op 20:36, 30 Augustus 2021 (Rescuing 0 sources and tagging 1 as dead.) #IABot (v2.0.8)
(verskil) ← Ouer weergawe | bekyk huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)

Vlermuisvalk
'n Vlermuisvalk in Noord-Natal, Suid-Afrika
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Macheiramphus

Westermann, 1851[2]
Spesie:
M. alcinus
Binomiale naam
Macheiramphus alcinus
Westermann, 1851[2]

Die vlermuisvalk (Macheiramphus alcinus) is 'n roofvoël wat in Sub-Sahara Afrika en Suid-Asië tot in Nieu-Guinee voorkom. Dit is na sy prooi vernoem, wat hoofsaaklik uit vlermuise bestaan. Die vlermuisvalk vereis 'n oop ruimte om te jag, maar sal op enige plek van digte reënwoude tot semi-droogte gebiede voorkom.

Beskrywing

[wysig | wysig bron]

Die vlermuisvalk is 'n slanke, medium-grootte roofvoël, ongeveer 45 cm lank. Dit het 'n lang vlerke en tipiese valk silhoeët. Volwassene vlermuisvalke is donkerbruin of swart, met 'n wit vlek op die keel en bors en 'n wit streep bo en onder elke oog. Onvolwasse vlemuisvalke is bruin gevlek en het meer wit vere as volwassenes.

Gedrag

[wysig | wysig bron]

Vlermuise is die mees algemene prooi van die vlermuisvalk, maar hulle sal ook klein voëltjies, soos swaeltjies en naguiltjies, of selfs insekte vreet. Hulle prooi word teen 'n hoë spoed in die lug gejaag en gevang. Ongeveer 50% van hul jag is suksesvol.

Teling

[wysig | wysig bron]

Hofmakery behels toertjies in die lug. Die nes word met stokke gebou en is ongeveer 90 cm in deursnee en 30 cm diep. Die wyfie is alleen verantwoordelik vir die uitbroei van die eiers. Die manlike vlermuisvalk help dikwels met die kos. Die eiers neem ongeveer een maand om uit te broei en albei ouers help om hul kleintjies te voed.

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. BirdLife International (2012). "Macheiramphus alcinus". IUBN-rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 12 November 2012. {{cite web}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)
  2. 2,0 2,1 Macheiramphus alcinus – The IUCN Red List of Threatened Species[dooie skakel]

Eksterne skakel

[wysig | wysig bron]