Montreux
Voorkoms
Montreux | |
---|---|
Lêer:Wapen van Parys.png | |
Land: | Lêer:Switzerland flag medium.png Switserland |
Kanton: | Vaud |
Distrik: | Vevey |
Koördinate: | 46°26' N, 06°55' O |
Oppervlakte: | 33,40 km² |
Bevolking: | 22 897 (2003) |
Bevolkingsdigtheid: | 685,5 / km² |
Hoogte: | 390 m bo seespieël |
Syndic: | Pierre Salvi (PS) |
Montreux is die derde grootste stad van die Franstalige kanton Vaud in Switserland, aan die oostelike oewer van die Lac Léman, met sowat 22 900 inwoners (2003). Danksy die beskermende agterland met berge van meer as 2 000 meter het Montreux 'n baie milde klimaat met subtropiese flora langs die oewerpromenade. Die stad is vandag een van die belangrikste toeristebestemmings van Switserland en met sy Montreux Jazz Festival ook 'n internasionale ontmoetplek van die musiekbedryf.