Gaan na inhoud

Montreux

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Montreux
Lêer:486px-Montreux-blason.png Lêer:735px-Montreux dot.png
Land: Lêer:Switzerland flag medium.png Switserland
Kanton: Vaud
Distrik: Vevey
Koördinate: 46°26' N, 06°55' O
Oppervlakte: 33,40 km²
Bevolking: 22 897 (2003)
Bevolkingsdigtheid: 685,5 / km²
Hoogte: 390 m bo seespieël
Syndic: Pierre Salvi (PS)

Montreux is die derde grootste stad van die Franstalige kanton Vaud in Switserland, aan die oostelike oewer van die Lac Léman, met sowat 22 900 inwoners (2003). Danksy die beskermende agterland met berge van meer as 2 000 meter het Montreux 'n baie milde klimaat met subtropiese flora langs die oewerpromenade. Die stad is vandag een van die belangrikste toeristebestemmings van Switserland en met sy Montreux Jazz Festival ook 'n internasionale ontmoetplek van die musiekbedryf.

Lêer:Montreux Genfersee.jpg
Montreux

Ekonomie

Die toerisme is die ekonomiese basis van Montreux. Van die 9 500 werkgeleenthede in die stad is 1 persent in die tersiêre sektor, 13 persent in die nywerheids- en 86 persent in die dienstesektor.

Klein wingerde lê teen die sonnine hange bo-oor die voorstad Clarens en naby Chailly en Brent. Die hoër gebiede is geskik vir akkerbou, veeteelt en melkproduksie, terwyl die Vooralpegebied deur weivelde oorheers word.

Die industrialisering van Montreux begin in die tweede helfte van die 19de eeu, tog bly dit altyd ondergeskik aan die toerisme en vervaardig veral goedere soos meubels, juweliersware, voedsel en die bekende Switserse sjokolade. Ander belangrike nywerhede is drukkerye, laboratoriums- en oudiovisuele toerusting.

Die werksgeleenthede in die dienstesektor word deur die hotelle, gastronomie, administrasie, banke, assuransiemaatskappye, opvoedkundige en geneeskundige instellings.

Musiek

Die Britse rockgroep maak Montreux in 1971 met hulle lied "Smoke on the Water" bekend - 'n bewonderaar van die kunstenaar Frank Zappa steek toe die kasino van Montreux aan die brand:

Lêer:Montreux-Casino.jpg
Die kasino van Montreux

We all came out to Montreux on the Lake Geneva shoreline
To make records with a mobile - We didn't have much time
Frank Zappa & the Mothers were at the best place around
But some stupid with a flare gun burned the place to the ground
Smoke on the water, fire in the sky

Die kasino word in 1975 heropen.

Montreux huisves die bekende Mountain-musiekateljee, waar baie musieksterre reeds plate opgeneem het. In 1978 word die ateljee deur die Britse groep Queen gekoop. Dit is nog steeds in die besit van die Queen-produsent David Richards.

Eksterne skakels