Gaan na inhoud

Heard- en McDonaldeilande

Koördinate: 53°06′0″S 72°31′0″O / 53.10000°S 72.51667°O / -53.10000; 72.51667
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die Heard- en McDonaldeilande
Ligging van die Heard- en McDonaldeilande

Die Heard- en McDonaldeilande (Engels: Heard Island and McDonald Islands, afgekort: HIMI) is 'n onbewoonde en onherbergsame sub-antarktiese eilandgroep in die suide van die Indiese Oseaan op dieselfde hoogte as die Vuurland en op dieselfde lengtegraad as Moembaai, dit lê 1700 km van Antarktika en 4100 km suidwestelik van Perth. Die eilande val onder jurisdiksie van Australië. Om onduidelike redes het die eilande (sonder ekonomiese aktiwiteit) sy eie topvlak-domein .hm gekry.

Heard is vernoem na sy ontdekker James Heard, 'n robbejagter wat in 1853 die eilande vir die eerste keer waargeneem het.

Die Heard- en McDonaldeilande is in 1997 by UNESCO se wêrelderfenisgebiedslys bygevoeg. Die rede hiervoor is dat die eilandgroep die enige sub-antarktiese vulkaniese aktiwiteit toon, waarby geomorfologiese prosesse en glasiale dinamika waargeneem kan word. Die fauna en flora is uniek, sonder veel invloede van buite die eilandgroep.

Eksterne skakels

53°06′0″S 72°31′0″O / 53.10000°S 72.51667°O / -53.10000; 72.51667