Gaan na inhoud

Bethlehem, Vrystaat

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Bethlehem
Bethlehem is in Vrystaat
Bethlehem
Bethlehem
Koördinate: 28°14′0″S 28°18′0″O / 28.23333°S 28.30000°O / -28.23333; 28.30000
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieVrystaat
DistriksmunisipaliteitThabo Mofutsanyana
Plaaslike MunisipaliteitDihlabeng
Stigting1864
Hoogte
1 706 m (5 597 ft)
Bevolking
 • Totaal110 629
TydsoneUTC+2 (SAST)
Poskode
9700
Skakelkodes044
Die damwal van een van Bethlehem se drie damme. Die damme voorsien die inwoners van Bethlehem van water.

Bethlehem is die grootste dorp in die Oos-Vrystaat en die streek word hoofsaaklik deur landbouverbouing gekenmerk. Bethlehem is geleë in die oostelike deel van die Vrystaat-provinsie in Suid-Afrika.

Die dorp is in 1860 op die plaas Pretoriuskloof van ene J.C. Pretorius gestig, maar eers in 1884 geproklameer en munisipale status het eers in 1902 gevolg. Die naam is deur F.P. Naude, ‘n plaaslike kerkleier gegee. Die naam Bethlehem beteken eintlik “broodhuis” of “beit lechem” in Hebreeus. Dit is ‘n verwysing na die aard van landboubedrywighede in die area. Bethlehem is veral bekend vir graanverbouing en meer spesifiek koring.

Naby dié dorp is drie groot damme wat Bethlehem se inwoners van water voorsien. Dit is naamlik die Loch Athlone dam (bekend vir sy restaurant wat in die vorm van 'n skip, die Athlone Castle, gebou is), die Gerrandsdam en die Sol Plaatje dam. Laasgenoemde was eers bekend as die Saulspoortdam, maar die naam is terstond verander na 'n bus gelaai met COSATU-geaffilieerde vakbondwerkers, wat vanaf Kimberley na QwaQwa onderweg was om 'n Meidag viering by te woon, teen 'n spoed in die dam ingejaag het in Mei 2003. Dosyne passasiers is dood in die grootste busramp in die land se geskiedenis.

Die dorp word gekenmerk deur sandsteengeboue wat in die middedorp voorkom. Sandsteen is vroeër gebruik as boumateriaal aangesien dit volop in die berge en koppies in die area voorkom.

Die N5 nasionale pad gaan deur Bethlehem.

Sport

In Bethlehem speel die sokkerspan Free State Stars, wat in die Premier Soccer League uitkom.