Gaan na inhoud

Lichtenburg

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Lichtenburg
Lichtenburg is in Noordwes (Suid-Afrikaanse provinsie)
Lichtenburg
Lichtenburg
Koördinate: 26°9′0″S 26°10′0″O / 26.15000°S 26.16667°O / -26.15000; 26.16667
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieNoordwes
Stigting1873
Hoogte
1 459 m (4 787 ft)
Bevolking
 • Totaal58 000
TydsoneUTC+2 (SAST)

Lichtenburg is 'n dorp in die Noordwesprovinsie van Suid-Afrika.

Geskiedenis

Die dorp is gestig op die plase Middelbosch en Doornfontein. Die plase is deur Hendrik Greef, skoonvader van generaal JH De la Rey, aan die Zuid-Afrikaansche Republiek vir die stigting van 'n dorp geskenk. Die naam is gekies in 1873 deur die president van die Zuid-Afrikaansche Republiek, Thomas Burgers, en beteken "dorp van lig". Jacobus Voorendyk het op 13 Maart 1926 'n diamant op hulle familieplaas ontdek, en binne twaalf maande was daar 108 000 fortuinsoekers op die toneel.

Distrik

Die distrik is 6 200km2 groot. Mielies, grondbone, sonneblomsaad is van die belangrikste gewasse wat verbou word. Sement word ook in die omgewing vervaardig.

Bekende inwoners

Lichtenburg was die tuiste van die beroemde Boereleier, generaal Koos de la Rey en van die siener, Nicholaas van Rensburg.[1]

Geboortes

Verwysings

  1. Ensiklopedie van Suidelike Afrika. 1967

Eksterne skakels