Gaan na inhoud

HP Inc.

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die drukbare weergawe word nie meer ondersteun nie en kan leweringsfoute hê. Dateer asseblief jou blaaierboekmerke op en gebruik asseblief eerder die verstekblaaierdrukfunksie.
HP Inc.

Tipe Publieke maatskappy
Gestig 1 Januarie 1939 in Palo Alto, VSA as Hewlett-Packard Company; 1 November 2015 as HP Inc.
Hoofkantoor Palo Alto, CAVerenigde State
SleutelpersoneWilliam Redington Hewlett, Dave Packard (stigters); Chip Bergh (voorsitter)
Dion Weisler (president en hoof uitvoerende beampte)
IndustrieInligtingstegnologie
ProdukteRekenaars en skootrekenaars, rekenaarskerms, drukkers, skandeerders, kopieerders, digitale druktegnologie, 3D-drukkers
Inkomste 52,056 miljard VSA-$ (2017)
Bedryfsinkomste 3,276 miljard VSA-$ (2017)
Netto inkomste 2,526 miljard VSA-$ (2017)
Werknemers55 000 (2018)
WebwerfHP.com

HP Inc. (ook bekend as HP, gestileerd: hp) is 'n multinasionale Amerikaanse onderneming in die inligtingstegnologiebedryf wat sy hoofkwartier in Palo Alto, Kalifornië het. HP Inc. ontwikkel persoonlike rekenaars, drukkers en drukkertoebehore asook 3D-drukkertegnologie.

Die onderneming is op 1 November 2015 gevorm uit die rekenaar- en drukkerafdelings van die oorspronklike Hewlett-Packard Company, terwyl alle afdelings met produkte, wat in die behoeftes van professionele klante soos ondernemings voorsien (bedieners, wolkstoordienste, netwerk, sakekonsultasie, sagteware en finansies), in 'n nuutgestigte aparte onderneming, Hewlett-Packard Enterprise (HPE), saamgevat is. Die maatskappy se opsplitsing het die naamsverandering van Hewlett-Packard tot HP Inc. behels, waarby hierdie onderneming HP se aandeleprysgeskiedenis van voor-2015 asook sy effektebeurs-teledrukker-simbool HPQ bybehou het, terwyl HPE se aandele onder die simbool HPE nuut op effektebeurse verhandel word.