Lord Howe-eiland
Lord Howe-eiland Inheemse naam: Lord Howe Island (Engels) | |
---|---|
'n Uitsig oor Lord Howe-eiland | |
Geografie | |
Ligging | Australië, Oseanië en Stille Oseaan |
Koördinate | 31°33′S 159°05′O / 31.550°S 159.083°O |
Argipel | Australië |
Totale eilande | 28 |
Hoofeilande | Lord Howe-eiland, Admiralty-eilande, Mutton Bird-eilande en Ball se Piramide |
Oppervlakte | 14,55 vk km |
Hoogste punt | Gower 875 m |
Administrasie | |
Australië | |
Deelstaat | Nieu-Suid-Wallis
|
Demografie | |
Bevolking | 382
|
Die Lord Howe-eiland (Engels: Lord Howe Island) is 'n eiland in die Tasmansee tussen Australië en Nieu-Seeland. Dit is sowat 600 km oos van Port Macquarie, 780 km noordoos van Sydney en 900 km suidwes van die Norfolkeiland geleë. Dit beslaan 'n oppervlakte van 14,55 km² en het 'n bevolking van 382 in 2016 gehad.[1] Lord Howe-eiland vorm saam met ander kleiner eilande die Lord Howe-eilandgroep, waarvan dit die grootste eiland is. Dit is 10 km lank en tussen 0,3 en 2,0 km breed. Die Lord Howe-eilande is 'n ongeïnkorporeerde gebied van die deelstaat Nieu-Suid-Wallis wat deur die Lord Howe-eilandraad bestuur word.[2]
Die Lord Howe-eiland is in 1982 deur Unesco as 'n wêrelderfenisgebied gelys. Weens die unieke fauna en flora is toegang tot die eiland streng beperk.
Sien ook
Verwysings
- ↑ (en) "Lord Howe Island". Australiese Statistiekkantoor. 2016. Besoek op 30 Mei 2024.
- ↑ (en) "Regional Statistics – New South Wales" (PDF). Australiese Statistiekkantoor. 2004. Besoek op 30 Mei 2024.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Lord Howe-eiland.
- (en) Toerisme-inligting oor Lord Howe-eiland op Wikivoyage
- (en) (fr) Amptelike Unesco-bladsy
- (en) "Lord Howe Island". Encyclopædia Britannica. Besoek op 30 Mei 2024.