Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Die laaste karretjiegraf
Die laaste karretjiegraf
Die laaste karretjiegraf
Ebook79 pages49 minutes

Die laaste karretjiegraf

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Athol Fugard het met die koms van sy tagtigste verjaarsdag besluit om ’n toneelstuk in sy ma se moedertaal te skryf, soos sy hom jare gelede gevra het. Met behulp van Riana Steyn se kennis en navorsing oor die karretjiemense het hierdie toneelstuk tot stand gekom.

Dit is die verhaal van die Geduld-gesin, wat, na die dood van hul ouma Mieta, haar in die Karoo-veld onder klippe begrawe, soos die gebruik onder die karretjiemense is. Haar kleinkinders se enigste vooruitsig blyk die plakkerskamp naby Colesberg te wees. Hul pa, Koot, was op sy dag die voorste skaapskeerder, maar nou is hy in die tronk vir die moord op hy sy tweede vrou. Na sy vrylating spoor Sarah, ’n navorser wat jare gelede met die gesin te doen gehad het, hom op. Saam neem hul bestekopname van die karretjiemense se verlede en toekoms.
LanguageAfrikaans
Release dateSep 30, 2013
ISBN9780798164054
Die laaste karretjiegraf
Author

Athol Fugard

Athol Fugard is ’n Suid-Afrikaanse dramaturg en geleentheidsregisseur en -akteur. Sy vyftig jaar van dramaturgie sluit in: The Blood Knot, Boesman and Lena, Master Harold … and the Boys, The Road to Mecca en The Train Driver.

Related to Die laaste karretjiegraf

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Die laaste karretjiegraf

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Die laaste karretjiegraf - Athol Fugard

    Die laaste karretjiegraf

    Riana Steyn en Athol Fugard

    Human & Rousseau

    Vir die Arnosters

    Die eerste saad vir Die laaste karretjiegraf is reeds vyftig jaar ge­lede geplant. Die oomblik is aangeteken in die eerste bladsye van die nota­boek wat ek destyds pas besluit het om as ’n daaglikse skryf­oefening te hou:

    Mom joined us in our room tonight after supper for a chat about ‘the old days’. A marvellous fund of stories about her family, the Pot­gieters, at Middelburg, Cape. The family had a small Cash Store (basic groceries). One day when Mom ran the shop, a coloured woman travel­ling by donkey-cart with her husband had given birth to a baby at the side of the road and she went to help. There was no one. Nothing. No clothes for the baby. Just rags. She collected cast-offs from the whites in Middelburg and gave them to the woman. When she went back in the morning to see how they were, they had gone, baby and all.

    Daardie beeld – ’n donkiekar, ’n vrou wat besig is om geboorte te skenk, en ’n jong Afrikaner-meisie – het deur die jare by my gebly, met die moontlikheid dat ’n storie daaroor vertel moet word. My ma se versoek, kort voor haar dood, om haar te belowe om eendag ’n verhaal in haar taal te skryf, het daarby aangesluit – Elizabeth Magdalena Potgieter was ’n trotse Afrikaner-vrou. Toe uiteindelik, twee jaar gelede, met die vooruitsig van my opkomende tagtigste verjaardag, het ek besef die tyd het aangebreek om daardie belofte aan my ma gestand te doen en my afspraak met die Karretjiemense van die Karoo na te kom. Maar hoe en waar om te begin, was die vraag. Die antwoord was voor die hand liggend … Google.

    Die eerste trefslag was die magister-verhandeling in antro­po­logie van Adriana Steyn. Ek het dit afgelaai, deurgelees en besef ek het afgekom op die bron van al die inligting wat ek benodig. Ek het mevrou Steyn gekontak en met kenmerkende Afrikaner-vrygewigheid het sy my volledige toegang tot haar dertien jaar van navorsing en veldwerk gegee. Ons het saamgespan en die resultaat van ons poging is die toneelstuk wat vanaand hier opgevoer word. Soos ek telkemale in die verlede gedoen het, het ek besluit om die regie van hierdie première-vertoning – wat heel moontlik my laaste toneelstuk is – te behartig.

    Athol Fugard

    Regisseur / Medeskrywer

    Athol Fugard is ’n Suid-Afrikaanse dramaturg en geleent­heids­regisseur en -akteur. Sy vyftig jaar van dramaturgie sluit in: The Blood Knot, Boesman and Lena, Master Harold … and the Boys, The Road to Mecca en The Train Driver.

    My eerste ontmoeting met die Karretjiekinders en hul gesinne was ongeveer ’n jaar voor die land se eerste demokratiese ver­kie­sing in 1994. Kort daarna het ek vir ’n magistergraad, as deel van ’n departe­mentele projek in antropologie, aan die Universiteit van Suid-Afrika geregistreer. Die navorsingsgebied was aanvanklik vyf semi-permanente uitspannings in die Colesberg-distrik van die Karoo. Die besluit is geneem om dit af te baken tot die gemeenskap by die Seekoeirivierbrug-uitspanning, wat ek op ’n deurlopende en ge­reelde basis vir ongeveer ’n dekade besoek het en waar ek uit­ein­delik hegte verhoudings met die kinders en hulle gesinne daar gevorm het. Die skaapskeerders van hierdie Karretjiegemeenskap was steeds, in teenstelling met van die ander wat reeds ’n meer ge­vestigde bestaan begin voer het, volledig rondtrekkend tussen plase in die distrik en hul semi-permanente uitspanning by die brug. Die doelwit van die studie was om te bepaal hoe hoë vlakke van ruimte­like en geografiese mobiliteit, asook huishoudelike fluïdi­teit en veranderlikheid die kinders se bestaan beïnvloed.

    In Februarie 2011 het ek ’n navraag van Mannie Manim, ’n jare lange vriend en werkgenoot van Athol, ontvang waarin hy wou weet of ek die persoon is wat die verhandeling getiteld Childhood: An Anthropological Study of Itinerancy and Domestic Fluidity Amongst the Karretjie People of the South African Karoo gedoen het. ’n Dag later het Athol uit San Diego ’n e-pos gestuur waarin hy openbaar dat hy reeds twee keer deur die verhandeling gelees en gewerk het en van voorneme is om ’n toneelstuk oor die onder­werp te skryf. Sy

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1