Update
OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen die man wat daarvan aangekla word dat hy die pa van sy meisie in sy huis in Bongolethu in Oudtshoorn vermoor en in 'n vlak graf begrawe het, is Vrydag in die Oudtshoorn-streekhof vir 'n doktersverslag van die beskuldigde tot 17 Julie uitgestel.
Patrick Rondganger (36) staan tereg op aanklagte van moord, roof met verswarende omstandighede en dwarsboming van die gereg.
Eric Xaxaka (60) van Bongolethu se lyk is op 8 April 2022 in 'n vlak graf in 'n aangrensende buitekamer van sy huis, onder twee yskaste gevind nadat hy twee dae tevore, op 6 April, as vermis by die polisie aangemeld is.
Rondganger het na bewering, saam met lede van die gemeenskap en die polisie na oorledene gesoek en later 'n bekentenis afgelê.
Hy het met sy borgtogaansoek aangedui dat hy onskuldig sal pleit omdat hy nie die betrokke dag in Oudtshoorn was nie, maar later dat hy wel aangedui dat hy skuldig wil pleit.
Sy regsverteenwoordiger, Bradly Samuels, het die hof egter op 6 Februarie vanjaar meegedeel dat nuwe inligting ten opsigte van Rondganger se verlede aan die lig gekom het en dat hy 'n aansoek wil bring dat hy vir waarneming na 'n psigiatriese hospitaal verwys moet word.
Die saak dien voor streeklanddros Sylvia Mandla en Corné Pretorius verskyn namens die staat.
Vorige artikels:
- Patrick Rondganger-saak wéér uitgestel
- Patrick Rondganger-saak wéér uitgestel
- Rondganger-saak vir pleit vonnisoplegging uitgestel
- Rondgenger se saak is uitgestel
- Aansoek om moordsaak te skrap
- Ondersoek teen Rondganger is afgehandel
- Saak verander na skedule 6 en borgtog word geweier
- Borgtog geweier
- Borgtogaansoek weer uitgestel
- Borgtogaansoek uitgestel tot Maandag
- Ronganger wag op uitspraak van landdros
- Borgtogsaak uitgestel vir uitspraak
- Borgtogaansoek weer uitgestel
- Man se liggaam in vlak graf gevind
- 60-Jarige in Bongoletho vermoor
- Vermiste persoon
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’