Haggis: Verskil tussen weergawes
k (Script) File renamed: File:HaggisCooked CopyrightKaihsuTai.JPG → File:Haggis cooked.jpg File renaming criterion #1: Uploader requested. |
k (Script) File renamed: File:HaggisContent CopyrightKaihsuTai.JPG → File:Haggis content.jpg File renaming criterion #1: Uploader requested. |
||
Lyn 22: | Lyn 22: | ||
<gallery> |
<gallery> |
||
Lêer:Haggis cooked.jpg|'n Haggis voor bediening. |
Lêer:Haggis cooked.jpg|'n Haggis voor bediening. |
||
Lêer: |
Lêer:Haggis content.jpg|'n Oopgesnyde Haggis. |
||
</gallery> |
</gallery> |
||
Wysiging soos op 18:09, 27 Julie 2014
Die nasionale gereg van
Skotland
Tipe gereg
Vleispoeding
Hoofbestanddele
Hart, lewer, long en pens van 'n skaap (of worsderm); uie, hawermeel, niervet, speserye
Haggis is 'n tradisionele geurige Skotse vleisgereg bestaande uit die fyngemaalde harslag van 'n skaap (hart, lewer en long), met uie, hawermeel, niervet, speserye, peper en sout as smaakmiddels. Die hawermeel gee aan Haggis 'n ietwat swaarder tekstuur as wors. Die vleisvulsel word met vleissop vermeng, in 'n skaappens geplaas, toegevou en sowat drie ure lank gekook. Industrieel vervaardigde haggis, soos dit in supermarkte aangebied word, word eerder in 'n worsderm as 'n skaappens berei.
Die Engelse 2001-uitgawe van Larousse Gastronomique gee 'n treffende beskrywing van die gereg: "Alhoewel sy beskrywing nie sommer aantreklik klink nie, het Haggis 'n uitstekende neutagtige tekstuur met 'n lekker geurige smaak."
Danksy die gedig Address to a Haggis, wat deur Robert Burns, Skotland se nasionale digter, in 1787 geskryf is, word Haggis as die nasionale gereg van Skotland beskou. Dit word tradisioneel met neeps and tarties (Skots: raap en aartappels) bedien, waarby die groente gekook en apart van mekaar fyngestamp word, en 'n dram ('n glas Skotse whisky), veral as die hoofgereg van 'n sogenaamde Burns-aandete.
-
'n Haggis voor bediening.
-
'n Oopgesnyde Haggis.
Wikimedia Commons bevat media in verband met Haggis. |