Haggis: Verskil tussen weergawes
kNo edit summary |
k Bygewerk |
||
Lyn 3: | Lyn 3: | ||
Die Engelse 2001-uitgawe van ''Larousse Gastronomique'' gee 'n treffende beskrywing van die gereg: "Alhoewel sy beskrywing nie sommer aantreklik klink nie, het Haggis 'n uitstekende neutagtige tekstuur met 'n lekker geurige smaak." |
Die Engelse 2001-uitgawe van ''Larousse Gastronomique'' gee 'n treffende beskrywing van die gereg: "Alhoewel sy beskrywing nie sommer aantreklik klink nie, het Haggis 'n uitstekende neutagtige tekstuur met 'n lekker geurige smaak." |
||
Danksy die gedig ''Address to a Haggis'', wat deur [[Robert Burns]], Skotland se nasionale digter, in [[1787]] geskryf is, word Haggis as die nasionale gereg van Skotland beskou. Dit word tradisioneel met ''neeps and tarties'' ([[Skots]]: raap en aartappels) bedien, waarby die groente gekook en apart van mekaar fyngestamp word, en 'n ''dram'' ('n glas Skotse [[whiskey|whisky]]), veral as die hoofgereg van 'n sogenaamde Burns-aandete. |
|||
==Eksterne skakels== |
==Eksterne skakels== |
Wysiging soos op 22:38, 5 Julie 2012
Haggis is 'n tradisionele geurige Skotse vleisgereg bestaande uit die fyngemaalde harslag van 'n skaap (hart, lewer en long), met uie, hawermeel, niervet, speserye, peper en sout as smaakmiddels. Die hawermeel gee aan Haggis 'n ietwat swaarder tekstuur as wors. Die vleisvulsel word met boeljon vermeng, in 'n skaapmaag geplaas, toegevou en sowat drie ure lank gekook. Industrieel vervaardigde haggis, soos dit in supermarkte aangebied word, word eerder in 'n worsderm as 'n skaapmaag berei.
Die Engelse 2001-uitgawe van Larousse Gastronomique gee 'n treffende beskrywing van die gereg: "Alhoewel sy beskrywing nie sommer aantreklik klink nie, het Haggis 'n uitstekende neutagtige tekstuur met 'n lekker geurige smaak."
Danksy die gedig Address to a Haggis, wat deur Robert Burns, Skotland se nasionale digter, in 1787 geskryf is, word Haggis as die nasionale gereg van Skotland beskou. Dit word tradisioneel met neeps and tarties (Skots: raap en aartappels) bedien, waarby die groente gekook en apart van mekaar fyngestamp word, en 'n dram ('n glas Skotse whisky), veral as die hoofgereg van 'n sogenaamde Burns-aandete.
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met Haggis. |