Gaan na inhoud

Monoklien

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur FFouche (besprekings | bydraes) op 11:09, 4 Augustus 2017 (Nuwe bladsy geskep met ' duimnael|195x195px|Blok diagram van 'n monoklien.|regs Lêer:Grandview-Phantom_Monocline.jpg|duimnael|195x195px|Die Grandview-Phantom Monokli...')
(verskil) ← Ouer weergawe | bekyk huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)
Blok diagram van 'n monoklien.
Die Grandview-Phantom Monoklien in die Grand Canyon, Arizona
Monoklien by die Colorado Nasionale Monument.
Monoklien gevorm op die punt van 'n klein stootverskuiwing, Brims Nest, Caithness, Skotland.


'n 'Monoklien (of, selde 'n monoform) is 'n trapsgewyse plooi (Engles: fold) in rotslae wat bestaan uit 'n sone met 'n steiler helling in 'n andersins horisontale of sub-horisontale opeenvolging.

Vorming

Moontlike maniere waarop monokliene gevorm kan word.

Monokliene kan op verskeie maniere gevorm word (sien diagram).

  • Deur differensiële kompaksie oor 'n onderliggende struktuur, veral 'n groot verskuiwing aan die rand van 'n kom. As gevolg van die groter kompakteerbaarheid van die vulmateriaal van die kom, sal die amplitude van die vou geleidelik opwaarts doodloop. [1]
  • Deur ligte reaktivering van 'n vroeëre strekkingsverskuiwing tydens 'n fase van omkering wat plooing in die oorliggende opeenvolging veroorsaak. [2]
  • As 'n vorm van verskuiwingsvoortsetting tydens opwaartse voortsetting van 'n strekkingsverskuiwing in die bodem na 'n dekkingsopeenvolging. [3]
  • As 'n vorm van verskuiwings-voortsettingplooi tydens opwaartse voortsetting van 'n omgekeerde verskuiwing in die bodemrots in 'n oorliggende dekkingsopeenvolging. [4]

Voorbeelde

  • Waterpocket plooi in Capitol Reef Nasionale Park, Utah.
  • Grandview-Phantom Monoklien in Grand Canyon, Arizona.
  • Grand Hogback in Colorado
  • Lapstone monoklien in die Blou Berge (Australië)
  • Purbeck Monoklien op die eiland Purbeck, Dorset, Engeland

Sien ook

Antiklien Sinklien

Verwysings

  1. Skuce, A.G. (1996). "Forward modelling of compaction above normal faults: an example from the Sirte Basin, Libya". In Buchanan,P.G.; Nieuwland,D.A. (reds.). Modern Developments in Structural Interpretation, Validation and Modelling (PDF). Special Publications. Vol. 99. London: Geological Society. pp. 135–146. ISBN 978-1-897799-43-7.
  2. Sjabloon:Citejournal
  3. Sjabloon:Citejournal
  4. Sjabloon:Citejournal

Eksterne skakels

http://bio-geo-terms.blogspot.com/2006_12_01_bio-geo-terms_archive.html