4 Oktober
Voorkoms
<< | Oktober 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | ||
6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 |
13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 |
20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 |
27 | 28 | 29 | 30 | 31 | ||
Al die dae |
4 Oktober is die 277ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (278ste in skrikkeljare). Daar volg nog 88 dae in die res van die jaar.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 1159 – Octaviano de Monticelli word gekroon as Pous Victor IV.
- 1209 – Pous Innocentius III kroon Otto IV as keiser van die Heilige Romeinse Ryk.
- 1535 – Die eerste volledige Engelse vertaling van die Bybel is in Zürich, Switserland, gedruk. Die vertaling is deur William Tyndale en Miles Coverdale gedoen.
- 1582 – Spanje, Portugal, Pole, Litaue en dele van Italië vervang die Juliaanse kalender met die Gregoriaanse kalender, met die gevolg dat Donderdag 4 Oktober 1582 direk gevolg word deur Vrydag 15 Oktober 1582.
- 1644 – Pous Innocentius X word gekroon deur kardinaal Carlo de' Medici.
- 1676 – Pous Innocentius XI word gekroon deur kardinaal Francesco Maidalchini.
- 1886 – Amptelike stigtingsdag van die goudstad Johannesburg, na die ontdekking van goud aan die Witwatersrand.
- 1929 – Die oorspronklike Tafelberg-kabelkar word in Kaapstad, Suid-Afrika, geopen. 'n Verbeterde kabelkar word op 4 Oktober 1997 ingewy.
- 1957 – Rusland lanseer Spoetnik 1, die eerste satelliet wat om die Aarde wentel en daarmee word die ruimtetydperk ingelei.
- 1958 – Die grondwet van die Vyfde Republiek, wat met medewerking van Charles de Gaulle en Michel Debré geskryf is, word aanvaar.
- 1966 – Lesotho word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 1984 – Die laaste volledige Toepolef Tu-144, die eerste supersoniese passasiersvliegtuig ter wêreld wat deur die Sowjetse vliegtuigbouer Aleksei Andrejewitsj Toepolef ontwikkel is, word in diens geneem.
- 1997 – Tafelberg kry 'n nuwe kabelkar op sy sweefspoor, wat in die rondte kan draai vir beter uitsig.
- 2001 – Aanvalle met antraks in die VSA bekend gemaak.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 1289 – Koning Lodewyk X van Frankryk († 1316).
- 1822 – Rutherford B. Hayes, 19de President van die Verenigde State († 1893).
- 1836 – Piet Cronjé, Suid-Afrikaanse militaris en boeregeneraal († 1911).
- 1875 – Gustav Preller, Suid-Afrikaanse joernalis, redakteur en geskiedskrywer († 1943).
- 1895 – Buster Keaton, Amerikaanse akteur († 1966).
- 1916 – Anton Rupert, Suid-Afrikaanse entrepreneur, sakeman en omgewingsbewaarder († 2006).
- 1923 – Charlton Heston, Amerikaanse akteur († 2008).
- 1928 – Alvin Toffler, Amerikaanse futuris, joernalis en skrywer († 2016).
- 1931 – Richard Rorty, Amerikaanse filosoof († 2007).
- 1931 – Basil D'Oliveira, veelsydige bruin Suid-Afrikaanse krieketspeler († 2011).
- 1941 – Anne Rice, Amerikaanse skryfster († 2021).
- 1946 – Susan Sarandon, Amerikaanse aktrise.
- 1976 – Alicia Silverstone, Amerikaanse aktrise.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 1669 – Rembrandt van Rijn, Nederlandse skilder (* 1606).
- 1747 – Amaro Pargo, Spaanse kaper en handelaar (* 1678).
- 1842 – Sir Galbraith Lowry Cole, die vyfde Britse goewerneur van die Kaap die Goeie Hoop (* 1772).
- 1871 – Sarel Cilliers, Voortrekkerleier (* 1801).
- 1919 – Petrus Postma, Suid-Afrikaanse predikant en Christelike onderwysaktivis (* 1854).
- 1947 – Max Planck, Duitse fisikus (* 1858).
- 1957 – Jacob Hendrik Pierneef, Suid-Afrikaanse skilder (* 1886).
- 1970 – Janis Joplin, Amerikaanse sangeres (* 1943).
- 1979 – Gerard Rissik, Suid-Afrikaanse bankier en die vierde president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank (* 1903).
- 1999 – De Villiers Graaff, leier van die Verenigde Party tussen 1956 en 1977 (* 1913).
- 2019 – Diahann Carroll, Amerikaanse aktrise (* 1935).
- 2020 – Pieter Spaarwater, rubriekskrywer, motorredakteur en omroeper (* 1936).
- 2022 – Günter Lamprecht, Duitse akteur en skrywer (* 1930).
- 2022 – Loretta Lynn, Amerikaanse country-sanger (* 1932).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
[wysig | wysig bron]Gepubliseer
[wysig | wysig bron]Teologie
[wysig | wysig bron]- 1833 – Quo Graviora: Oor die pragmatiese konstitusie, deur Pous Gregorius XVI.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 4 Oktober. |