69ste Oscar-toekenningsaand
69ste Oscar-toekenningsaand
| ||
Datum | 24 Maart 1997 | |
Plek | Shrine Auditorium, Los Angeles | |
Aanbieder | Billy Crystal | |
Pryse & benoemings | ||
Beste rolprent | The English Patient | |
Meeste pryse | The English Patient (9) | |
Meeste benoemings | The English Patient (12) |
Die 69ste Oscar-toekenningsaand is op 24 Maart 1997 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Los Angeles gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 1996. Die aanbieder was Billy Crystal.
Die seremonie is oorheers deur prente wat deur onafhanklike maatskappye vervaardig en van buite Hollywood gefinansier is. Dit het daartoe gelei dat 1996 die Jaar van die Onafhanklikes gedoop is. Net een van die benoemde prente vir beste rolprent was nie ’n onafhanklike produksie met ’n klein begroting nie.
Die jaar se groot wenner was The English Patient, wat 12 benoemings gekry en nege Oscars gewen het, onder meer vir beste rolprent. Ander prente wat baie benoemings gekry het, is Fargo (7), Shine (7), Jerry Maguire (5) en Evita (5).
Een van die pryse wat ’n opskudding veroorsaak het, is dié vir beste vroulike byspeler aan Juliette Binoche vir The English Patient – die gunsteling was Lauren Bacall vir The Mirror Has Two Faces. Binoche het self haar verbasing uitgespreek tydens haar toespraak en gesê sy dink Bacall verdien die Oscar.[1]
Pryse
[wysig | wysig bron]Hier volg ’n lys van die belangrikste wenners en benoemdes (die wenners word eerste genoem en is in vet druk):[2]
Beste rolprent | Beste regisseur |
---|---|
|
|
Beste akteur | Beste aktrise |
|
|
Beste manlike byspeler | Beste vroulike byspeler |
|
|
Beste oorspronklike draaiboek | Beste verwerkte draaiboek |
|
|
Beste buitelandse rolprent | Beste oorspronklike liedjie |
| |
Beste oorspronklike musiek, drama | Beste oorspronklike musiek, blyspel of komedie |
|
|
Beste kunsredigering | Beste kinematografie |
|
|
Beste rolprentredigering | Beste visuele effekte |
|
|
Ereprys
[wysig | wysig bron]- Michael Kidd
Irving G. Thalberg-prys
[wysig | wysig bron]- Saul Zaentz
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ AMPAS. "Juliette Binoche winning Best Supporting Actress" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Februarie 2020. Besoek op 15 Januarie 2013.
- ↑ "The 69th Academy Awards (1997) Nominees and Winners". oscars.org (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Oktober 2014. Besoek op 23 Oktober 2011.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Amptelike webtuiste van die Oscars
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Oscars.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia