Aboe Rawasj
Aboe Rawasj | ||
Die ruïnes van die Piramide van Djedefre. | ||
Koördinate | 30°01′55″N 31°04′30″O / 30.03194°N 31.07500°O | |
Plaaslike naam | قرية ابو رواش | |
Land | Egipte | |
Soort | Dodeakker | |
Geskiedenis | ||
Bouer | Djedefre | |
Tydperk | 4de Dinastie (Ou Ryk) |
Aboe Rawasj (Arabies: قرية ابو رواش), ook Abu Rawash of Abu Roach, is 8 km noord van Giza geleë en is een van die begrafnisterreine van Antieke Egipte se farao's. Dit bevat die heel noordelikste piramide, die grootliks verwoeste Piramide van Djedefre, seun en opvolger van Cheops.
Aanvanklik is geglo Djedefre se piramide is nooit voltooi nie. Nou glo argeoloë die piramide is nie net voltooi nie, dit was omtrent net so groot soos die Piramide van Menkaoere, en dus sou dit een van die sowat ses grootstes gewees het.
Sy ligging naby ’n groot kruispad maak dit ’n maklike bron van klippe. Weens buiting het min oorgebly benewens ’n hoop klippe op ’n natuurlike heuwel wat deel van die piramide se kern gevorm het. ’n Klein aangrensende satelliet-piramide het beter bewaar gebly.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- ’n Interaktiewe grafika deur Newsweek van Djedefre se piramide Geargiveer 17 Junie 2008 op Wayback Machine
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Aboe Rawasj.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia