Gaan na inhoud

Adrian Boult

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Adrian Boult (skildery deur die Japannese skilder Ishibashi Kazunori (1876–1928) ).
Adrian Boult (regs) wens Jaap Stotijn geluk (1955)
Die Adrian Boult-saal van die Birmingham Konservatorium.

Adrian Cedric Boult, (/blt/; 8 April 1889 – 22 Februarie 1983) was 'n Engelse dirigent. Sy ouers was welgesteld, en hy het in Engeland en in Leipzig, Duitsland, medies studeer. Sy vroeëre werk as dirigent is in Londen vir die Royal Opera House en Sergei Diaghilev se balletgeselskap gedoen. Sy eerste prominente pos was dié van dirigent van die City of Birmingham Orchestra in 1924.[1] Toe die British Broadcasting Corporation hom in 1930 aangestel het as musiekdirekteur het hy die BBC Simfonieorkes gestig en hoofdirigent daarvan geword. Die orkes se standaarde kon slegs deur die London Philharmonic Orchestra (LPO), wat twee jaar later gestig is, geëwenaar word.

In 1950 moes hy noodgedwonge die BBC verlaat met die bereiking van aftree-ouderdom, waarna hy as hoofdirigent by die LPO aangesluit het. Onder Boult se leiding het die LPO 'n uitnemende orkes geword. Hy het in 1957 as hoofdirigent uitgetree en later die pos van president aanvaar. Alhoewel hy in die laaste deel van sy loopbaan saam met ander orkeste gewerk het soos die Londen Simfonieorkes, die Philharmonia Orchestra, die Royal Philharmonic Orchestra, en sy voormalige orkes, die BBC Simfonieorkes, was dit egter die LPO waarmee hy hoofsaaklik geassosieer word. Hy het die orkes tot 1978 gedirigeer, in wat algemeen as sy "Indiese somer" bekendstaan.

Boult was bekend daarvoor dat hy voorspraak gemaak het vir Britse musiek. Hy het die eerste uitvoering van Gustav Holst se "The Planets" gedirigeer en nuwe nuwe werke van onder andere Elgar, Arthur Bliss, Britten, Frederick Delius, Cyril Rootham, Michael Tippett, Vaughan Williams en William Walton bekendgestel. Gedurende sy jare by die BBC het hy werke van buitelandse komponiste bekendgestel, waaronder die van Bartók, Berg, Strawinski, Schoenberg en Anton Webern. Hy was 'n beskeie man wat nie van die kollig gehou het nie, en was net so gemaklik in die opname-studio as op die podium. Vanaf die middel van die 1960's tot en met sy aftrede na sy laaste opnamesessies in 1978 het hy uitgebreid opnames gemaak vir EMI. Behalwe vir 'n reeks opnames wat na drie of vier dekades steeds deel van die katalogus is, kan Boult se nalatenskap ook bespeur word in sy invloed op prominente dirigente van latere generasies, soos Colin Davis en Vernon Handley.

Bibliografie

[wysig | wysig bron]

Boult het artikels oor 'n wye reeks musikale aangeleenthede geskryf. Dit sluit 'n doodsberig oor Nikisch (Music and Letters, Vol. 3, No. 2 (April 1922), bl. 117–121 ); "Casals as Conductor" (Music and Letters, Vol. 4 (1923), bl. 149–52); "Arnold Rosé and the Vienna Philharmonic" (Music and Letters, Vol. 32, No. 3 (Julie 1951), bl. 256–57); en 'n doodsberig oor Toscanini vir The Musical Times (Maart 1957, bl. 127–28) in.

Boult het ook verskeie boeke oor musiek geskryf. Met ingang April 2010 was almal egter reeds uit druk uit. Die werke is:

  • Boult on Music: Words from a Lifetime's Communication. Londen: Toccata Press. 1983. ISBN 0-907689-03-5.
  • A Handbook on the Technique of Conducting (7th uitg.). Oxford: Hall. 1951 [1920]. OCLC 155756343.
  • My Own Trumpet [outobiografie]. Londen: Hamish Hamilton. 1973. ISBN 0-241-02445-5.
  • The St. Matthew Passion: its preparation and performance. Londen: Novello. 1949. OCLC 1547942. (met Walter Emery)
  • Thoughts on Conducting. Londen: Phoenix House. 1963. OCLC 892145.

Verwysings

[wysig | wysig bron]

Bronne

[wysig | wysig bron]
  • Aldous, Richard (2001). Tunes of Glory: The Life of Malcolm Sargent. Londen: Pimlico. ISBN 0-7126-6540-4.
  • Bland, Alexander (1981). The Royal Ballet – the first 50 years. Londen: Threshold Books. ISBN 0-901366-11-0.
  • Boult, Adrian (1973). My Own Trumpet. Londen: Hamish Hamilton. ISBN 0-241-02445-5.
  • Culshaw, John (1981). Putting the Record Straight. Londen: Secker and Warburg. ISBN 0-436-11802-5.
  • Hill, Ralph (1951). Music 1951. Harmondsworth: Penguin Books. OCLC 26147349.
  • Kennedy, Michael (1987). Adrian Boult. Londen: Hamish Hamilton. ISBN 0-333-48752-4.
  • Moore, Jerrold Northrop (1979). Music and Friends: Letters to Adrian Boult. Londen: Hamish Hamilton. ISBN 0-241-10178-6.
  • Morrison, Richard (2004). Orchestra – The LSO. Londen: Faber & Faber. ISBN 0-571-21584-X.
  • Previn, André (ed) (1979). Orchestra. Londen: Macdonald and Janes. ISBN 0-354-04420-6. {{cite book}}: |first= has generic name (hulp)
  • Reed, W H (1943). Elgar. Londen: J M Dent. OCLC 8858707.
  • Russell, Thomas (1944). Philharmonic Decade. Londen: Hutchinson. OCLC 941577.
  • Shore, Bernard (1938). The Orchestra Speaks. Londen: Longmans. OCLC 499119110.
  • Simeone, Nigel; Simon Mundy (1980). Sir Adrian Boult: Companion of Honour. Londen: Midas Books. ISBN 0-85936-212-4.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]