Gaan na inhoud

Asetoon

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Eienskappe

Algemeen

Naam Asetoon 
IUSTC-naam Propan-2-oon 
Sistematiese naam Propanoon 
Ander name Dimetielketoon[1]

β-Ketopropaan[1]
Propanoon[2] 2-Propanoon
Dimetielformaldehied[3]

Struktuurformule van Asetoon
Struktuurformule van Asetoon
Chemiese formule C3H6O
Molêre massa 58.042 g/mol
CAS-nommer 67-64-1  
Voorkoms Kleurlose vloeistof  
Reuk Stink, irriterent, bloeiselrig
Fasegedrag
Smeltpunt 178 K
Kookpunt 329 K
Digtheid 0.791 g/cm3 
Mengbaarheid water, benseen, metanol, eter, chloroform, etanol
Oplosbaarheid  
Viskositeit 0.36 (10 °C)
0.295 cP (25 °C)[4] 
Dampdruk 9.39 kPa (0 °C)
30.6 kPa (25 °C)
374 kPa (100 °C)
2.8 MPa (200 °C)[1] 
Henry se konstante 27,7(,9) [L/mol.atm] 4600 [K][5]

Suur-basis eienskappe

pKa

Veiligheid

Flitspunt -19 °C 
LD50 3 000 mg/kg (oraal, muis)
20 000 mg/kg (dermaal, konyn)
19 000 mg/m3 (inhalasie)

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Chemie

Asetoon (sistematiese naam propanoon) is 'n organiese verbinding met die formule (CH3)2CO. Dit is 'n kleurlose, hoogs vlugtige, vlambare vloeistof, en is die eenvoudigste ketoon bekend.

Asetoon is mengbaar met water en dien as 'n belangrike oplosmiddel in sy eie reg, tipies vir skoonmaakdoeleindes in die laboratorium. In 2010 is ongeveer 6.7 miljoen ton wêreldwyd geproduseer,[6] hoofsaaklik vir gebruik as 'n oplosmiddel en die produksie van metielmetakrilaat en bisfenol A.[7][8] Dit is 'n algemene boublok in die organiese chemie. Bekende alledaagse gebruike van asetoon is as naellakverwyderaar en verfverdunner.

Asetoon word deur die menslike liggaam geproduseer en uitgeskei deur middel van normale metaboliese prosesse. Dit is algemeen teenwoordig in die bloed en urine. Mense wat aan diabetes (suikersiekte) lei, vervaardig dit in groter hoeveelhede. Swanger vroue, borsvoedende moeders en kinders toon hoër vlakke van asetoon.[9] 'n Ketogeniese dieet, wat asetoonvlakke verhoog in die liggaam, word gebruik om epileptiese aanvalle in babas en kinders te verminder.

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 1,2 "Acetone". NIST Chemistry WebBook (in Engels). USA: National Institute of Standards and Technology. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 September 2018.
  2. Klamt, Andreas (2005). COSMO-RS: From Quantum Chemistry to Fluid Phase Thermodynamics and Drug Design. Elsevier. pp. 92–94. ISBN 978-0-444-51994-8.
  3. Ash, Michael; Ash, Irene (2004). Handbook of preservatives. Synapse Information Resources, Inc. p. 369. ISBN 1-890595-66-7.
  4. http://chemister.ru/Database/properties-en.php?dbid=1&id=27
  5. Sander.
  6. (en) Camara Greiner, EO and Funada, C (1 Junie 2010). "CEH Marketing Research Report: ACETONE". Chemical Economics Handbook. SRI consulting. Besoek op 1 Maart 2011.{{cite web}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  7. (en) Acetone, World Petrochemicals report, Januarie 2010
  8. (en) Stylianos Sifniades, Alan B. Levy, "Acetone" in Ullmann's Encyclopedia of Industrial Chemistry, Wiley-VCH, Weinheim, 2005.
  9. (en) American Chemistry Council, Acetone VCCEP Submission, 10 September 2003, p. 9
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.