Besigheidsprosesbestuur
Voorkoms
Besigheidsprosesbestuur benut tegnologie om die uitvoering van besigheidsprosesses te outomatiseer en te koördineer te midde van die toenemende kompleksiteit van besigheidsprosesse.
Drywers
[wysig | wysig bron]Die volgende drywers het 'n fokus geplaas op besigheidsprosesbestuur:
- Besigheidsprosesontwerp waartydens meer klem geplaas word op die aanwending van tegnologie om aktiwiteite binne 'n proses te belyn.
- Kundigheidsbestuur wat vereis dat die korrekte inligting beskikbaar is by elke besluitnemingspunt in die besigheidsproses.
- Die druk op meer akkurate vlakke van samewerking tussen verskeie partye oor die uitgebreide voorsieningskanaal te bewerkstellig.
- Die snel vooruitgang en toepassing van inligtingstegnologie om inligting oor die hele onderneming te bestuur.
Doelwitte
[wysig | wysig bron]Die doelwitte van besigheidsprosesbestuur is;
- om beter integrasie te bewerkstellig tussen inligtingstegnologie en menslike aksies,
- om beter oorhoofse beheer oor 'n proses te kry van die beginpunt tot eindpunt van die proses,
- om die uitvoering van die proses te monitor ten einde vroegtydig afwykings en vertragings in die proses na te speur sodat korrektiewe aksies geneem kan word,
- om die besigheidsproses se prestasievlakke deurlopend te monitor en te verbeter en
- om die proses se hoeveelheid menslike aktiwiteite in te kort tot die noodsaaklikste.
Komponente
[wysig | wysig bron]'n Besigheidsprosesbestuursoplossing bestaan uit die volgende komponente: