Blouhaai
Blouhaai | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Animalia |
Filum: | Chordata |
Klas: | Chondrichthyes |
Orde: | Carcharhiniformes |
Familie: | Carcharhinidae |
Genus: | Prionace |
Spesie: | P. glauca
|
Binomiale naam | |
Prionace glauca (Linnaeus, 1758)
| |
Verspreiding |
Die Blouhaai (Prionace glauca) is 'n haai wat in al die oseane van die wêreld voorkom en ook reg rondom die Suid-Afrikaanse kus. In Engels staan die haai as die Blue shark bekend.
Voorkoms
[wysig | wysig bron]Die haai is blou van kleur wat vinnig grys word na sy dood. Die haai het die klassieke haaivorm met die pektorale vinne wat 'n bietjie langer as normaalweg is. Die haai word 3,8 m lank en weeg dan 250 kg.
Habitat en gewoontes
[wysig | wysig bron]Die haai verkies water met temperatuur van tussen 12 en 16 °C en kom voor op dieptes tussen 80 – 350 m. In die Wes-Kaap kom hulle nader aan die kus en ook in vlakker water voor. Hulle is vivipaar met 35 - 135 kleintjies wat gebore word op 'n keer. Hulle vreet hoofsaaklik pelagiese vis. Studies het bewys dat die haaie ver deur die oseane migreer, bv. trans-Atlantiese togte.
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Alfabetiese lys van visse
- Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name
- Lys van varswater visfamilies
- Lys van visfamilies
Bron
[wysig | wysig bron]- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Stevens (2005). "Prionace glauca". IUBN-rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2010.4. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 10 April 2011.
{{cite web}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp)