Concertgebouw
Ander name | Het Koninklijk Concertgebouw | |
Stad of dorp | Amsterdam | |
Land | Nederland | |
Sitplekke | 1,974 (Hoofsaal) 437 (Recital Hall) 150 (Koorsaal)[1] | |
Geopen | 11 April 1888 | |
Webtuiste | www |
Die Koninklike Concertgebouw Nederlands: het Koninklijk Concertgebouw) is 'n konsertsaal in Amsterdam, Nederland. Die gebou se uitstekende akoestiek plaas dit saam met Boston se Symphony Hall[2][3] en die Musikverein in Wene,[4] onder die beste konsertsale in die wêreld.
Ter viering van die gebou se 125ste bestaansjaar het Koningin Beatrix op 11 April 2013 die koninklike titel "Koninklijk" aan die gebou toegeken, soos sy in 1988 aan die Koninklike Concertgebouw-orkes op hul 100ste bestaansjaar toegeken het.[5]
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Vyf Amsterdamse argitekte is genooi om konsepvoorstelle vir die nuwe konsertsaal te lewer. Die beoordelingspaneel het uit drie persone bestaan waaronder die argitek van die Amsterdam Sentraalstasie en die Rijksmuseum, Pierre Cuypers. Met Adolf Leonard van Gendt se eerste ontwerp is die hoofsaal as te wyd beskou en die plafon as te plat vir optimale akoestiek, maar Van Gendt het die nodige aanpassings aangebring en 'n nuwe ontwerp ingedien. Die paneel kon nie tussen die finale twee argitekte se ontwerpe besluit nie, maar uiteindelik is Van Gendt se ontwerp deur die raad gekies.[6]
Konstruksie begin in 1883 in 'n weiveld wat toe nog buite die stad was, in Nieuwer-Amstel, 'n munisipaliteit wat in 1964 Amstelveen geword het.[7] 'n Totaal van 2 186 houthope, twaalf tot dertien meter lank, was in die grond geplaas.[8] Die Concertgebouw is laat in 1886 voltooi, maar weens die probleme met die munisipaliteit van Nieuwer-Amstel – die opvul van 'n klein kanaal, die plavei van die toegangspaaie en die installering van straatligte – is die groot opening van die gebou egter vertraag.[9]
Die saal het op 11 April 1888 geopen met 'n intreerede, waar 'n orkes van 120 musikante en 'n koor van 500 sangers werke van Wagner, Handel, Bach, en Beethoven opgevoer het. Die inwonende orkes van die Concertgebouw is die Koninklike Concertgebou-orkes (Koninklijk Concertgebouworkest), wat op 3 November 1888 hul eerste konsert in die saal aangebied het, as die Concertgebouw-orkes (Concertgebouworkest). Die konsertsaal is ook die gereelde huis van konserte deur die Nederlandse Filharmoniese Orkes (voorheen die Amsterdamse Filharmoniese Orkes) [10], sowel as die Radio Filharmoniese Orkes se Sondagoggendkonsert-reeks.[11]
Op 17 September 1969 het die Britse progressiewe rock band Pink Floyd hul vertoning The Man and The Journey by die Concertgebouw aangebied.[12] Die hoogtepunt van die vertoning was 'n weergawe van "Celestial Voices" (herdoop tot "The End of the Beginning") waarin die klawerbordspeler Rick Wright die saal se orrel bespeel het in die plek van sy Farfisa. Die optrede is op CD vrygestel as deel van die groep se 2016-boksstel, The Early Years 1965–1972 in Volume 3: 1969 Dramatis/ation.
Vandag vind meer as 900 konserte en ander geleenthede per jaar in die Concertgebouw vir 'n publiek van oor die 700 000 plaas, wat dit een van die mees besoekte konsertsale in die wêreld maak.[13]
Gebou
[wysig | wysig bron]Die hoofsaal (Grote Zaal) het sitplek vir 1 974 persone[1] en is 44 meter lank, 28 meter wyd en 17 meter hoog.[14] Die saal se weerklanktyd is 2,8 sekondes sonder 'n gehoor en 2,2 sekondes met 'n gehoor, wat dit ideaal maak vir die laat Romantiese repertorium soos Mahler. Alhoewel hierdie eienskap dit grootliks ongeskik maak vir versterkte musiek, het groepe soos Led Zeppelin, Pink Floyd en The Who wel in die 1960's daar opgetree. In die hoofsaal is daar 'n laag stof op verskeie plekke, aangesien die verwydering van hierdie laag die akoestiek soos dit tans is, sal beïnvloed.[15]
'n Kleiner, ovaalvormige venue, die Uitvoeringsaal (Kleine Zaal), is agter die hoofsaal geleë. Die Uitvoeringsaal is 20 meter lank en 15 meter wyd.[14] Die intiemer ruimte met 437 sitplekke is meer gepas vir kamermusiek en liedere.[1]
Daar is in 1983 gevind dat die Concertgebouw in die klam Amsterdamse aarde wegsak, met verskeie duimwydte krake wat in die mure verskyn het, daarom is daar met uitgebreide fondsinsameling vir opknappings begin. Die gebou se moeilike noodherstel het in 1985 begin, waartydens die 2 186 verrottende houtpale met betonpilare vervang is. Die Nederlandse argitek Pi de Bruijn het 'n moderne anneks ontwerp vir 'n nuwe ingang en 'n kelder om die beknopte aantrek- en oefenruimte te vervang.[8]
-
Concertgebouw in 1902, deur Jacob Olie
-
Oostelike kant voor herstelwerk in 1985
-
Oostelike kant met die nuwe ingang
Orrel
[wysig | wysig bron]Die orrel was in 1890 deur die orrelbouer Michael Maarschalkerweerd van Utrecht gebou en was in die tydperk tussen 1990 en 1993 deur die orrelbouer Flentrop gerestoureer. Die orrel bestaan uit 60 registers op drie vlakke en 'n pedaal.[16]
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Concertgebouw.
- Amptelike webwerf
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 "Concerts". Concertgebouw NV. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2021. Besoek op 23 Mei 2021.
- ↑ April 11, 1888: Concertgebouw, Home of Nearly Perfect Acoustics, Opens
- ↑ R. W. Apple, Jr., Apple's America (North Point Press, 2005), ISBN 0-86547-685-3.
- ↑ Tapio Lahti and Henrik Möller. "Concert Hall Acoustics and the Computer". ARK – The Finnish Architectural Review. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Maart 2007.
- ↑ "Koninklijke status voor Het Concertgebouw". Concertgebouw NV. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Junie 2018. Besoek op 11 April 2013.
- ↑ "Concertgebouw Amsterdam: History of the main hall and its acoustics" (PDF). International Symposium on Room Acoustics 2019. Besoek op 13 April 2024.
- ↑ Drawing of the Concertgebouw in the fields[dooie skakel], at the Amsterdam City Archives
- ↑ 8,0 8,1 Paul L. Montgomery (13 April 1988). "Dutch Hail Concertgebouw's 100th". The New York Times. Besoek op 12 Oktober 2007.
- ↑ "History of the building". Official website of the Concertgebouw. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Junie 2018. Besoek op 10 Junie 2018.
- ↑ "Nederlands Philharmonisch Orkest". Official website of the Nederlands Philharmonisch Orkest. Besoek op 13 April 2024.
- ↑ "Radio Philharmonic Orchestra". Official website of the Radio Philharmonic Orchestra. Besoek op 13 April 2024.
- ↑ Archived at Ghostarchive and the Wayback Machine: "The End of the Beginning (A Saucerful of Secrets) ('The Journey' performed at the Concertgebouw, Amsterdam, 17 Sept 1969) – Pink Floyd". Pink Floyd Records. 24 Maart 2017. Besoek op 2 November 2020.
- ↑ "Facts & Figures". Concertgebouw NV. Besoek op 24 Februarie 2014.
- ↑ 14,0 14,1 "Het Concertgebouw – Capaciteit Zalen" (PDF). Concertgebouw NV. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 26 November 2013. Besoek op 24 Februarie 2014.
- ↑ "Geheime deuren in Het Concertgebouw | Preludium – magazine voor liefhebbers van klassieke muziek". www.preludium.nl. Besoek op 13 Desember 2021.
- ↑ Information on Organ (PDF)