Doug Howlett
| |||||
Doug Howlett in 2015 | |||||
Volle naam | Douglas Charles Howlett | ||||
---|---|---|---|---|---|
Geboortedatum | 21 September 1978 | ||||
Geboorteplek | Auckland, Nieu-Seeland | ||||
Lengte | 1,85 m | ||||
Massa | 93 kg | ||||
Skool | Auckland Grammar School | ||||
Vername familie | Phil Howlett (broer) | ||||
Rugbyloopbaan | |||||
Loopbaan as speler | |||||
Posisie(s) | Vleuel, Heelagter | ||||
Professionele / senior klubs | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
1996–2007 1997 1998 1999–2007 2008–2013 |
Auckland Highlanders Hurricanes Blues Munster Rugby |
55 2 5 97 112 |
(245) (15) (5) (275) (175) | ||
korrek soos op 22 Junie 2019. | |||||
Nasionale span(ne) | |||||
Jare | Land | Weds | (pte) | ||
1997–1999 2000–2007 |
Nieu-Seeland o/21 Nieu-Seeland |
13 63 |
(70) (245) | ||
korrek soos op 22 Junie 2019. |
Douglas Charles Howlett (gebore 21 September 1978) is 'n voormalige Nieu-Seelandse professionele rugbyspeler. Hy het hoofsaaklik as 'n vleuel gespeel, maar soms ook as 'n heelagter.
Hy het vir Auckland, Highlanders, Hurricanes en Blues in Superrugby gespeel. Hy het sy loopbaan by Munster in Ierland voltooi.[1]
Met 49 drieë in 62 toetse is Howlett tans die sewende hoogste driedrukker in die rugbygeskiedenis en die topdriedrukker vir Nieu-Seeland.[2][3] Hy het onder meer tydens die rugbywêreldbekertoernooie in 2003 en 2007 vir Nieu-Seeland uitgedraf.
Vroeë lewe
[wysig | wysig bron]Howlett, gebore in Auckland, Nieu-Seeland, het May Road School en Mt Roskill Intermediate School bygewoon. Hy is van Tongaanse afkoms, met wortels in die klein kusdorpie Kolonga. Hy het begin rugby speel by Auckland Grammar School, waar hy ook 'n ster naelloper, kaptein van die atletiekspan en, tydens sy laaste jaar in 1996, hoofseun was. Hy het met groot effek van sy spoed as naelloper (hy het eenkeer 'n persoonlike beste van 10.94 sekondes vir die 100 meter in 'n onder 20 atletiekkampioenskap in 1998 behaal) in sy rugbyloopbaan gebruik gemaak.[4][5][6][7]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) Jennifer Browning (30 Oktober 2015). "Rugby World Cup: All Blacks keep rolling off the Auckland Grammar production line". Australian Broadcasting Corporation. Besoek op 22 Februarie 2024.
- ↑ (en) "D'Arcy And Murphy Named In Barbarians Squad". Ierse Rugbyvoetbalunie. 12 Mei 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Junie 2021. Besoek op 2 Junie 2021.
- ↑ (en) John O'Sullivan. "Howlett's career highlight". The Irish Times.
- ↑ (en) Pat Geraghty (26 Februarie 2010). "Munster Rugby: News : Howlett Staying On". Munster Rugby. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 November 2011. Besoek op 17 Augustus 2011.
- ↑ (en) "Howlett agrees new deal with Munster". The Irish Times. 7 Februarie 2011. Besoek op 7 Februarie 2011.
- ↑ (en) Hugh Farrelly (7 Desember 2011). "Achilles injury rules Doug Howlett out for the season". Irish Independent. Besoek op 7 Desember 2011.
- ↑ (en) "Howlett ankle injury blow for Munster". Raidió Teilifís Éireann. 7 Desember 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Desember 2011. Besoek op 7 Desember 2011.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Doug Howlett.
- (en) Doug Howlett op ESPNscrum