Edwin Hubble
Edwin Hubble | |
Edwin Hubble in 1931
| |
Geboortenaam | Edwin Powell Hubble |
---|---|
Gebore | Marshfield, Missouri, VSA | 20 November 1889
Oorlede | 28 September 1953 (op 63) San Marino, Kalifornië |
Blyplek | VSA |
Nasionaliteit | Amerikaans |
Vakgebied | Sterrekunde |
Bekend vir | Hubble-klassifikasie van sterrestelsels |
Edwin Powell Hubble (20 November 1889 – 28 September 1953)[1] was ’n Amerikaanse sterrekundige en is onder meer bekend vir Hubble se wet. Hy kry soms verkeerdelik die krediet daarvoor dat hy die bestaan van sterrestelsels buite die Melkweg ontdek het – dié eer kom egter Vesto Slipher toe.
Hubble het Slipher se ontdekking gewild gemaak dat die verlies in frekwensie wat in die elektromagnetiese spektrum van ander sterrestelsels waargeneem word, toeneem in verhouding met ’n spesifieke sterrestelsel se afstand van die Aarde af. Hierdie verhouding staan bekend as Hubble se wet. Slipher, die onbesonge held van die 20ste-eeuse sterrekunde, het sy bevindings in Augustus 1914 eerste bekend gemaak op ’n vergadering van die Amerikaanse Sterrekundige Vereniging. Weens sy teruggetrokke persoonlikheid word baie van sy ontdekkings aan Hubble toegeskryf.
Die Hubble-ruimteteleskoop is na hom genoem.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
- ↑ (en) "Biography of Edwin Powell Hubble (1889–1953)". Nasa. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Januarie 2012. Besoek op 21 Junie 2011.