Elopidae
Voorkoms
Elopidae | |
---|---|
Die Tienponder, Elops saurus | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | Elopidae
|
Genus: | Elops Linnaeus, 1766
|
Spesies | |
Sien teks |
Die Springers (Elopidae) is 'n familie visse van die orde Elopiformes. Daar is slegs een genus met ses spesies in hierdie familie. Twee van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.
Kenmerke
[wysig | wysig bron]Die familie se lywe is lank en silindries met 'n lang bo-kaak wat verby die oë strek. Die bekkenvin is meer agtertoe op die lyf, amper 'n pensvin en die stertvin is gevurk. Die familie word tot 1 m lank. Hulle word veral in baaie, strandmere en lagunes aangetref.
Genus
[wysig | wysig bron]Die volgende genus en gepaargaande spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:
- Elops
- Elops lacerta - Atlantiese springer
- Elops machnata - Springer
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Alfabetiese lys van visse
- Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name
- Lys van varswater visfamilies
- Lys van visfamilies
Bron
[wysig | wysig bron]- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7