Grasveldwitjies
Voorkoms
Grasveldwitjies | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | B. aurota
|
Binomiale naam | |
Belenois aurota (Fabricius, 1793)
| |
Verspreidingsgebied van Belenois aurota | |
Sinonieme | |
|
Die Grasveldwitjies (Belenois aurota aurota) is 'n vlinder wat in Suid-Afrika, Somalië en suid-Asië voorkom. Die vlinder is deel van die Pieridae-familie.
Die spesie broei uit in die Karoo en Noord-Kaap in witgatbome gedurende die somermaande. Hulle migreer dan in hulle duisende instinktief na Somalië waar witgatbome ook voorkom. Die vlinders oorleef nie almal die tog nie en word prooi vir onder andere voëls, spinnekoppe en geitjies. Hulle is duidelik sigbaar gedurende die migrasietog. Ses maande later is daar 'n soortgelyke migrasietog vanaf Somalië na Suid-Afrika.
Bronne
[wysig | wysig bron]- Hartseer-einde aan vlindervlug. Beeld. 28 Desember 2012
- Evans, W.H. (1932). The Identification of Indian Butterflies (2de weergawe). Mumbai, Indië: Bombay Natural History Society.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Belenois aurota. |