Gaan na inhoud

Green Bay, Wisconsin

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Green Bay

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
 Deelstaat Wisconsin
 County Brown
 Koördinate 44°31′N 88°1′W / 44.517°N 88.017°W / 44.517; -88.017
 Oppervlakte:  
 - Totaal 144,94 vk km
 Bevolking:  
 - Totaal (2013) 104 779
 - Bevolkingsdigtheid 883,6/vk km
 Tydsone CST (UTC -6)
 Somertyd CDT (UTC -5)
 Burgemeester Jim Schmitt
 Amptelike Webwerf greenbaywi.gov

Green Bay is 'n hawestad in die deelstaat Wisconsin en geleë aan die oewer van die Michiganmeer in Green Bay by die monding van die Foxrivier. Die stad is ongeveer 160 km noord van Milwaukee. Dit is ook die administratiewe setel van Brown County.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Die eerste besoeker was Jean Nicolet, in die diens van Samuel de Champlain, wat in 1634 hier besoek afgelê het. Nicolas Perrot het in 1665 'n pels handelspos hier gestig en in 1671 het Vader Claude Allouez 'n sendingpos gestig. Alhoewel die Franse Fort Francis gebou het, het die eerste nedersetter, Augustin de Langlade, homself eers in 1745 hom hier gevestig. In 1763 het die Britse Ryk beheer van die area geneem en dit afgestaan teen die einde van die Amerikaanse Rewolusie. Die Britte het vir 'n kort tydjie tydens die Anglo-Amerikaanse Oorlog van 1812 weer beheer gehad oor die area.

Dit het in 1839 dorpstatus en in 1854 stadstatus verkry. In 1895 het dit saamgesmelt met Fort Howard en in 1964 is die dorp Preble ook geïnkorporeer.

Omgewing

[wysig | wysig bron]

Daar is meel en graan meulens in die omgewing.

  • Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 11, Bladsy 433.