Hifikepunye Pohamba
Hifikepunye Pohamba | |
Hifikepunye Pohamba in 2014 | |
Ampstermyn 21 Maart 2005 – 21 Maart 2015 | |
Eerste minister | Nahas Angula (2005–2012) Hage Geingob (2012–2015) |
---|---|
Voorafgegaan deur | Sam Nujoma |
Opgevolg deur | Hage Geingob |
President van SWAPO
| |
Ampstermyn 29 November 2007 – 19 April 2015 | |
Voorafgegaan deur | Sam Nujoma |
Opgevolg deur | Hage Geingob |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 18 Augustus 1935 Okanghudi, Suidwes-Afrika (tans Namibië) |
Politieke party | SWAPO |
Eggenoot/-note | Penehupifo Pohamba |
Kind(ers) | Tulongeni Kaupu Ndapandula |
Alma mater | Mense se Vriendskap Universiteit van Rusland |
Religie | Anglikanisme |
Hifikepunye Lucas Pohamba (gebore op 18 Augustus 1935[1][2] in Okanghudi in die distrik Ohangwena in Noord-Namibië[3]) is 'n Namibiese politikus wat tussen 2005 en 2015 as tweede president van Namibië gedien het. Hy het die Namibiese presidensiële verkiesing van 2004, as kandidaat van die regerende SWAPO, oorweldigend gewen. Hy het die amp van president in Maart 2005 amptelik beklee en het gedien tot 2015. Hy was ook die president van SWAPO tussen November 2007 en April 2015.
Vroeë lewe
[wysig | wysig bron]As kind het Pohamba in die Anglikaanse Kerk van Suider-Afrika groot geword.[1] Na sy skoolloopbaan het hy, van 1956 tot 1960 in die Tsumeb myn gewerk. Op die ouderdom van 25 was Pohamba 'n stigterslid van SWAPO in 1960.[2][4] In Junie 1961 is hy gearresteer op aanklagte van politieke oproerigheid. Hy is daarna skuldig bevind deur 'n stamhof in Ohangwena, in die openbaar gegesel en beveel om die area te verlaat. Hy het na Tanganjika gevlug waar hy die res van SWAPO se leierskap opgesoek het.
Politieke loopbaan
[wysig | wysig bron]In September 1964 is Pohamba na Lusaka gestuur om 'n SWAPO kantoor in Noord-Rhodesië (nou Zambië) te open.[1][5] In 1966 is Pohamba en Sam Nujoma uit die land verban en in daardie tyd het hy Nujoma se grootste vertroueling geword. In 1969 is hy verkies as 'n lid van SWAPO se Sentrale Komitee en is hy aangestel as adjunk-administratiewe sekretaris van die party. Teen 1977 is hy verkies as die party se Sekretaris van Finansies. Van 1979 tot 1981 was hy in beheer van SWAPO-aangeleenthede in Zambië, waarna hy na die party se hoofkwartier in Luanda, Angola, gestuur is, waar hy gebly het tot SWAPO beheer oor Namibië gekry het in 1989. Gedurende sy tyd in Luanda het hy vir 'n tydjie in die politiek gestudeer in die Sowjetunie.[1][2] Hy was in beheer van SWAPO se verkiesingsveldtog in 1989[4] en was 'n SWAPO-lid van die Grondwetgewende Vergadering, wat geduur hat van November 1989 tot Maart 1990,[6] voordat hy 'n lid van die Nasionale Vergadering geword het met Namibië se onafhanklikheid in Maart 1990.[2][5] Van Maart 1990 tot 1995 was hy Minister van Binnelandse Sake, van 1995 tot 1997 Minister van Visserye en Marine Hulpbronne,[1][2][5] en Minister sonder Portfolio van 1997 tot Maart 2000.[1][7] In 1997 is hy gekies as Sekretaris-Generaal van SWAPO en in 2002 as die adjunkpresident.[5] Op 26 Januarie 2001 is hy aangewys as Minister van Grond, Hervestiging en Rehabilitasie,[8] 'n posisie wat hy tot sy presidentskap beklee het.
Onder Pohamba se Ministerskap van Grond, Hervestiging en Rehabilitasie het Namibië 'n beleid van gedeeltelike grond-onteiening van blanke grondeienaars na nie-blankes wat sonder grond was, begin. Hierdie beleid het die vorige beleid van "gewillige koper-gewillige verkoper" vervang. In hierdie opsig is hy as 'n bondgenoot van die Zimbabwiese president Robert Mugabe beskou.[4]
Pohamba is op 'n buitengewone SWAPO-kongres in Mei 2004 gekies as die party se presidensiële kandidaat vir die 2004-verkiesings. Hy het 213 uit 526 stemme gekry in die eerste rondte van stemming; in die tweede rondte, wat gehou is op 30 Mei, het hy met 341 stemme teen 167 vir Hidipo Hamutenya gewen, nadat hy nagenoeg al die stemme vir die derde kandidaat, Nahas Angula, gewerf het.[9] In die presidensiële verkiesing wat gehou is op 15 en 16 November 2004, het Pohamba met 79,44% van die stemme gewen,[10] in wat beskryf is as 'n weghol-oorwinning, maar ook deur die opposisie as gebrekkig afgemaak is.[11] Pohamba is deur Sam Nujoma ondersteun, wat op die tydstip besig was met sy derde termyn van vyf jaar; Pohamba is beskryf as Nujoma se persoonlik uitgesoekte opvolger.[12] Hy het die presidentskap op 21 Maart 2005 opgeneem[13] en het homself sedertdien onderskei deur versigtig dog beslissend op te tree teen korrupsie.
Hoewel daar gespekuleer is dat Nujoma weer herverkies wou word as die president van SWAPO in 2007, en dan weer aan die presidentsverkiesing van 2009 deel sou neem, het hy hierdie gerugte vroeg in Oktober 2007 ontken toe hy gesê het dat hy beplan om af te tree as party-leier ten gunste van Pohamba.[14][15] Op 29 November 2007 is Pohamba gekies as president van SWAPO by 'n party-kongres; hy was die enigste kandidaat dus was dit nie nodig om te stem nie. Nujoma het gesê dat hy die "fakkel en die mantel van leierskap aan kameraad Pohamba oorgee".[16] Die kongres het Pohamba ook verkies as die enigste kandidaat vir die 2009 presidensiële verkiesing.[17][18]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 Profile of Pohamba, Klausdierks.com.
- ↑ 2,0 2,1 2,2 2,3 2,4 National Assembly profile for Pohamba.
- ↑ [1]
- ↑ 4,0 4,1 4,2 "Profile: Hifikepunye Pohamba", BBC News, 22 November 2004.
- ↑ 5,0 5,1 5,2 5,3 Curriculum Vitae for Pohamba Geargiveer 24 November 2004 op Wayback Machine, Namibian government website.
- ↑ List of members of the Constituent Assembly, parliament.gov.na.
- ↑ "Nujoma names new cabinet", IRIN, 20 Maart 2000.
- ↑ "President appoints ruling party secretary-general new land minister", Nampa, 26 Januarie 2001.
- ↑ Petros Kuteeue, "Pohamba the winner", The Namibian, 31 Mei 2004.
- ↑ "ELECTION UPDATE 2004, NAMIBIA", EISA report, number 3, 10 Desember 2004, bl. 9.
- ↑ "Swapo man wins Namibia landslide", BBC News, 21 November 2004.
- ↑ "Namibians Prepare to Vote", VOA News, 14 November 2004.
- ↑ "Namibia Swears-in New President", VOA News, 21 Maart 2005.
- ↑ "Former president Nujoma to quit active politics", African Press Agency, 2 Oktober 2007.
- ↑ "Namibia's ex-president retires" Geargiveer 4 April 2008 op Wayback Machine, AFP (News24.com), 3 Oktober 2007.
- ↑ "Nujoma succeeded by Pohamba", AFP, 30 November 2007.
- ↑ Brigitte Weidlich, "A title for Nujoma, brickbats for media"[dooie skakel], The Namibian, 3 Desember 2007.
- ↑ "Namibia: Pohamba for 2009 polls" Geargiveer 3 Desember 2007 op Wayback Machine, News24.com, 4 Desember 2007.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Hifikepunye Pohamba.
Voorafgegaan deur Sam Nujoma |
President van Namibië 2005–2015 |
Opgevolg deur Hage Geingob |
Voorafgegaan deur Sam Nujoma |
President van SWAPO 2007–2015 |
Opgevolg deur Hage Geingob |
Presidente van Namibië | ||
1990– | Sam Nujoma | Hifikepunye Pohamba | Hage Geingob | Nangolo Mbumba |