Juno (mitologie)
Voorkoms
Juno | |
---|---|
Romeinse godin | |
Juno Sospita, ’n afgietsel van die oorspronklike beeld in die Vatikaan-museums.
| |
Naam | Juno |
Godin van | huwelik en geboorte |
Ouers | Saturnus |
Broers, susters | Ceres, Jupiter, Neptunus, Vesta en Pluto |
Gade | Jupiter |
Kinders | Mars, Vulcanus, Bellona, Juventas |
Griekse eweknie | Hera |
Juno was in die Romeinse mitologie ’n godin en die beskermer van die staat. Sy was die dogter van Saturnus, die suster en vrou van die hoofgod, Jupiter, en die ma van Mars en Vulcanus. Sy het ook ’n ogie oor die vroue van antieke Rome gehou.[1]
As die beskermgodin van Rome en die Romeinse Ryk is sy Regina ("Koningin") genoem en is sy saam met Jupiter en Minerva as ’n triade op die Kapitolynse Heuwel in Rome aanbid. Juno se eweknie in die Griekse mitologie was Hera, die vrou van Zeus.[2]
Verwysings
[wysig | wysig bron]Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Juno (mitologie).