Gaan na inhoud

Mark Andrews

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Mark Andrews Rugbyportaal
Geboortedatum 21 Februarie 1972 (1972-02-21) (52 jaar oud)
Geboorteplek Elliot, Suid-Afrika
Lengte 2,01 m
Massa 116 kg
Skool Selborne Kollege
Universiteit Universiteit van Natal
Rugbyloopbaan
Loopbaan as speler
Posisie(s) Slot en agsteman
Provinsiale- / Staatspanne
Jare Klub / span Weds (pte)
1993–2002 Natal 122 (40)
Superrugby/Verenigde Rugbykampioenskap
Jare Klub / span Weds (pte)
1996–2002 Sharks 40 (15)
Nasionale span(ne)
Jare Land Weds (pte)
1994-2002 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 77 (60)

Mark Andrews (geb. 21 Februarie 1972 in Elliot) is 'n voormalige Suid-Afrikaanse rugbyspeler. Hy het as 'n slot en agsteman vir die Springbokke uitgedraf. Hy was die eerste Springbok om in 50 toetswedstryde te speel en sy toets-totaal van 77 (1994–2001) is 'n rekord, so ook sy 12 drieë as Springbokvoorspeler.[1]

Andrews was 'n Junior Springbok in waterpolo terwyl hy nog op skool was. Hy skakel later na rugby oor en is reeds op skool en later op universiteit as 'n kranige rugbyspeler raakgesien. In 1995 en 1996 speel hy vir die Natalse Haaie in die Curriebekerkompetisie.

Hy maak sy debuut op internasionale vlak vir Suid-Afrika op 11 Junie 1994 teen Engeland in Kaapstad. Hy het 77 toetswedstryde en 13 midweek-wedstryde vir Suid-Afrika gespeel. Oor sy toetsloopbaan het hy 12 drieë gedruk wat 60 toetspunte verteenwoordig.

Andrews was 'n lid van die span wat die Rugbywêreldbeker in 1995 gewen het. 'n Ander boorling van Elliot, Os du Randt, was ook deel van die span gewees. Hy was ook deel van Suid-Afrika se span tydens die Rugbywêreldbeker 1999.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]