Mercury-Atlas 7
Mercury-Atlas 7 was die vierde bemande ruimtevaart van die Mercury-program. Die ruimtetuig, genaamd Aurora 7, is beman deur die ruimtevaarder Scott Carpenter. Hy was die sesde persoon om in die ruimte te vlieg. Die sending het Mercury kapsule nr. 18 gebruik en is gelanseer deur 'n Atlas LV-3B, nr 107-D vuurpyl.
Capenter het drie keer om die aarde gewentel, eintlik 'n herhaling van John Glenn se Mercury-Atlas 6 vlug. As gevolg van 'n fout wat gemaak is tydens die binnedringing van die atmosfeer land hy 400 km van koers af. Dit het die optel van hom en sy tuig met sowat 'n uur vertraag. Carpenter is gedeeltelik verantwoordelik gehou vir die fout. Hy het NASA in 1964 verlaat en op die Amerikaanse Vloot se SEALAB-projek gaan werk.
Ruimtevaarder
[wysig | wysig bron]Die sending se ruimtevaarder was Scott Carpenter, 'n 37-jarige Amerikaanse Vlootoffisier en vlieënier, toetsvlieënier, lugvaartingenieur, ruimtevaarder en skubaduiker.
Sendingparameters
[wysig | wysig bron]- Massa: 2975 lb (1350 kg)
- Perigee: 96 myl (154 km)[1]
- Apogee: 162 myl (260 km)[1]
- Eksentrisiteit: 0.00804[1]
- Baanhelling: 32.5°[1]
- Orbitale tyd: 88.3 min[1]
- Brandstof:[2]
- 35 lb (16 kg) vir die outomatiese stelsel
- 24,9 lb (11,3 kg) vir die handstelsel
Hoogtepunte van die sending
[wysig | wysig bron]Hierdie afdeling moet uitgebrei word. Jy kan bydra deur dit te wysig. |
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 "Mercury Atlas 7, NSSDCA ID: 1962-019A". NASA Space Science Data Coordinated Archive. Besoek op 15 Desember 2016.
- ↑ Boynton, John H. (February 1967). "SECOND UNITED STATES MANNED THREE-PASS ORBITAL MISSION (MERCURY-ATLAS 7, SPACECRAFT 18) DESCRIPTION AND PERFORMANCE ANALYSIS" NASA technical note TN-D 3814 (Report). NASA. Archived from the original on 2017-05-10. https://web.archive.org/web/20170510105505/http://www.scottcarpenter.com/MA-7%20Description%20and%20Performance%20Analysis.pdf. Besoek op 2016-12-20.