Oudnederlands
Voorkoms
Oudnederlands | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Nederland, Noordelike België, dele van Frankryk langs die Noordsee | |
Gebied: | Die Lae Lande | |
Taal uitsterwing: | Het ontwikkel tot Middelnederlands teen die einde van die 12de eeu | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Germaans Wes-Germaans Nederfrankies Oudnederlands | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | —
| |
ISO 639-3: | odt
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Oudnederlands (ook bekend as Oudwes-Nederfrankies) was 'n tak van Oud-Nederfrankies wat gedurende die vroeë Middeleeue (c. 500 - 1150) in Nederland en die noordelike deel van die hedendaagse België (Vlaandere) gepraat en geskryf is, so wel as in dele van noordelike Frankryk langs die Noordseekus. Die taal verteenwoordig die eerste gestaafde stadium van Nederlands en sy dialekte en het later tydens die Middeleeue ontwikkel tot Middelnederlands wat weer tot die moderne tale Nederlands en Afrikaans ontwikkel het.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir Oudnederlands.