Pinguipedidae
Pinguipedidae | |
---|---|
Parapercis hexophtalma | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Familie: | Pinguipedidae
|
Genera | |
Kochichthys |
Die Sandbaarse, Maaiervisse en Sandsmelte (Pinguipedidae) is 'n vis-familie wat hoort tot die orde Perciformes. Daar is vyf genera met meer as sewentig spesies wat hoort tot dié familie en agt van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.
Kenmerke
[wysig | wysig bron]Die familie is nie besonders groot nie. Die lywe is silindries aan die voorkant en meer plat aan die agterkant. Die dorsale bestaan uit twee dele, die eerste gedeelte is kort met slegs vyf, skerp strale. Daar is 'n volledige sylyn op elke vis. Die familie het geen swemblaas nie. Die grootte wissel van 13 – 30 cm.
Habitat
[wysig | wysig bron]Die familie is alleenswemmers en word gevind waar hulle op die bodem rus op hul bekken vinne. Die meeste spesies vreet bodem ongewerweldes maar Parapercis schauinslandi vreet soöplankton. Die meeste spesies is afwisselende hermafrodiete.
Genus
[wysig | wysig bron]Die volgende genus en spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:
- Parapercis
- Parapercis hexophtalma - Swartstert-sandspiering
- Parapercis punctulata - Gespikkelde sandspiering
- Parapercis robinsoni - Kleinskub-sandspiering
- Parapercis schauinslandii - Rosige sandspiering
Sien ook
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Pinguipedidae. |
- Alfabetiese lys van visse
- Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name
- Lys van varswater visfamilies
- Lys van visfamilies
Bron
[wysig | wysig bron]- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7