Gaan na inhoud

Pniel

Koördinate: 33°54′0″S 18°57′0″O / 33.90000°S 18.95000°O / -33.90000; 18.95000
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Pniel
Pniel is in Wes-Kaap
Pniel
Pniel
Koördinate: 33°54′0″S 18°57′0″O / 33.90000°S 18.95000°O / -33.90000; 18.95000
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieWes-Kaap
DistriksmunisipaliteitKaapse Wynland
Plaaslike MunisipaliteitStellenbosch
Stigting1843
Oppervlak
 • Totaal0,48 km2 (0,19 vk. myl)
Bevolking
 • Totaal2 564
 • Digtheid5 300/km2 (14 000/vk. myl)
TydsoneUTC+2 (SAST)
Poskode
7681

Pniel lê op die Helshoogtepad, die R310, van Stellenbosch af in die rigting van Groot-Drakenstein en die Paarl en vorm deel van die Stellenbosch Plaaslike Munisipaliteit.

Die dorpie is in 1843 as 'n sendingstasie van die Nederduitse Gereformeerde Kerk deur Johan Frederick Stegmann, die eerste sendeling, gestig. Genesis 32 verse 30 en 31 het die naam verskaf. Die oorspronklike kerk uit 1843 het goed behoue gebly. Met die sensus van 1891 in die Kaapkolonie was hier 650 inwoners. Aan die begin van die 21ste eeu het die getal op nagenoeg 4 000 gestaan. Cyster is 'n van wat opvallend baie op die dorp voorkom. In die apartheidsjare is Pniel tot groepsgebied vir kleurlinge verklaar.

Daar is ook 'n sendingstasie en diamantdelwery by Barkly-Wes met die naam van Pniel.

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Bronne

[wysig | wysig bron]