Gaan na inhoud

Riccardo Chailly

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Riccardo Chailly (1986)

Riccardo Chailly, Cavaliere di Gran Croce OMRI (Italiaans: rikˈkardo ʃʃaˈji, Frans:ʃɑji; gebore op 20 Februarie 1953) is 'n Italiaanse dirigent. Hy het sy loopbaan as 'n operadirigent begin en geleidelik sy repertoire uitgebrei om ook simfoniese musiek in te sluit.

Biografie

[wysig | wysig bron]

Chailly was in Milaan in 'n musikale gesin van Romagnol en Franse afkoms gebore.[1] Hy het komposisie saam met sy vader, Luciano Chailly, gestudeer.[2] Sy suster is die harpspeelster Cecilia Chailly.

Chailly het by die musikale konservatoria in Perugia en Milaan gestudeer. Hy het later by Franco Ferrara dirigeer gestudeer. Tydens sy jeug het Chailly ook dromme gespeel in 'n ritme-en-blues groep.[3]

Op die ouderdom van twintig jaar het Chailly assistent-dirigent tot Claudio Abbado by La Scala geword waar hy in 1978 sy dirigeerbuiging gemaak het. Chailly was van 1982 tot 1988 hoofdirigent van die Berlyn Radio Simfonieorkes en van 1983 tot 1986 Prinsipiële Gasdirigent van die Londen Filharmoniese Orkes. Hy het van 1986 tot 1993 die Teatro Comunale van Bologna gelei.

Chailly het in 1985 sy buiging saam met die Concertgebouw Orkes, Amsterdam gemaak. Chailly was vanaf 1988 tot 2004 Hoofdirigent van die Concertgebouw Orkes waar hy homself aan uitvoerings van die standaard simfoniese tradisie toegewy het, vernaam Anton Bruckner en Gustav Mahler, waarmee die orkes sy naam gemaak het. Chailly en die orkes het hulle egter ook op uitgebreide wyse toegespits op die uitbreiding van hul repertoire, met 20ste eeuse klassieke musiek en kontemporêre musiek.[4][5] Van Chailly se mees noemenswaardige projekte is sy leiding van die 1995 Mahler-fees wat die 100ste herdenking van Mahler se eerste konsert by die Concertgebouw herdenk het. Chailly het ook in Amsterdam opera gedirigeer, beide by die Concertgebouw se jaarlikse Kersmatinee en by De Nederlandse Opera (DNO), welke sy finale operaproduksie in Amsterdam was, te wete Giuseppe Verdi se Don Carlo.[6] Een verslag het gekonstateer dat Chailly in 2002 besluit het om die Concertgebouw Orkes te verlaat toe hy tydens sy laaste kontraktuele samesprekings slegs 'n verlenging van twee jaar aangebied is in pleks van vyf jaar.[7]

In 1986 het Chailly vir die eerste keer die Gewandhausorchester Leipzig tydens die Salzburg-fees gedirigeer nadat Herbert von Karajan Chailly aan die orkes bekendgestel het.[8] Sy volgende verskyning as gas-dirigent met die Leipzig orkes was in 2001, en na 'n bykomende verskyning was hy as die 19de Kapellmeister van die orkes gekies.[9][10] In Augustus 2005 het Chailly amptelik die Hoofdirigent van die Gewandhausorchester Leipzig, en algemene musikale direkteur van die (GMD) van Oper Leipzig, geword. Sy aanvanklike Leipzig kontrak sou tot die jaar 2010 deurloop.[11] In Mei 2008 het hy sy kontrak met die Gewandhausorchester tot 2015 verleng. Hy het egter as GMD van die Oper Leipzig bedank, volgens berigte as gevolg van konflik oor die aanstelling van personeel sonder sy insae.[12][13] In Junie 2013 het die Gewandhausorchester en Chailly ooreengekom op 'n verdere verlenging van sy kontrak met inbegrip van 2020.[14] In September 2015 het die Gewandhausorchester egter die nuut-geskeduleerde afsluiting van Chailly se tyd as Gewandhauskapellmeister op Chailly se versoek as Junie 2016 aangekondig, vier jaar voor die voorheen ooreengekome kontrakverlenging.[15][16][17] Chailly se projekte in Leipzig het 'n internasionale Mahler-fees in Mei 2001 ingesluit, welke tien verskillende orkeste ingesluit het.

Chailly het in 1999 die eerste musikale direkteur van die Orchestra Sinfonica di Milano Giuseppe Verdi geword, en die pos tot 2005 gehou. Hy beskik nou oor die titel van Dirigent Laureaat by La Verdi. In Desember 2013 het La Scala die aanstelling van Chailly as die geselskap se volgende musikale direkteur aangekondig, te wete van 1 Januarie 2017 tot 31 Desember 2022. In Augustus 2015 het die Lucerne-fees die aanstelling van Chailly as die orkes se nuwe musikale direkteur aangekondig, met ingang van die 2016 Lucerne-fees, met 'n aanvanklike kontrak van vyf jaar.[18] Op 31 Januarie 2019 het die Lucerne-fees orkes aangekondig dat Chailly se pos as musikale direkteur tot 2023 verleng is.

Chailly beskik oor 'n eksklusiewe opnamekontrak met Decca, en sy opnames met Decca sluit volledige siklusse van die simfonieë van Johannes Brahms, Gustav Mahler en Anton Bruckner in. Sy Brahms-siklus met die Gewandhausorchester het die 2014 Gramophone-prys vir Opname van die Jaar gewen. Ander noemenswaardige prestasies sluit opnames van Igor Strawinski, Edgard Varèse en Paul Hindemith in. Meer onlangs het Chailly met die Gewandhaus Orkes opnames van Felix Mendelssohn, Johann Sebastian Bach, Brahms, Robert Schumann se simfonieë in die vorm van Mahler se her-orkestrasie, en 'n volledige siklus van Beethoven se simfonieë, gelei. Sy opnames met Amerikaanse orkeste sluit o.a. Shostakovich: The Dance Album met die Philadelphia Simfonieorkes[19] en Strawinski se Le Sacre du printemps met die Cleveland Simfonieorkes, in.

Chailly is twee keet getroud. Hy het 'n dogter by sy eerste vrou, Anahi Carfi gehad, en 'n stiefseun van sy tweede en huidige huwelik aan Gabriella Terragni.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Martelli, Giuseppe. "LO SAPEVATE CHE...il ferrarese compositore Luciano Chailly è stato alpino?". noi alpini bolognesi romagnoli (in Italiaans). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Augustus 2019.
  2. John O'Mahony (9 Maart 2002). "Maestro in the fast lane". The Guardian. Besoek op 13 Augustus 2007.
  3. Mark Swed (30 September 1990). "Bringing a Touch Of Latin Sunniness To Amsterdam". The New York Times. Besoek op 14 Oktober 2007.
  4. Jessica Duchen (17 September 1999). "Dutch courage". The Guardian (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 April 2017. Besoek op 13 Augustus 2007.
  5. Alex Ross (25 Februarie 1996). "An Unpredictable Maestro Jars a Staid Repertory". The New York Times. Besoek op 4 November 2007.
  6. Andrew Clements (9 Junie 2004). "Don Carlo (Muziektheater, Amsterdam)". The Guardian (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Desember 2019. Besoek op 13 Augustus 2007.
  7. Hugh Canning, "On the upbeat". The Times, 15 Januarie 2006.
  8. Igor Toronyi-Lalic, "How Riccardo Chailly reinvented the Gewandhaus Orchestra". The Times, 1 November 2008.
  9. Hugh Canning, "Riccardo Chailly on LGO as Barbican regular". The Times, 15 Maart 2009.
  10. Ivan Hewett (1 April 2009). "Leipzig Gewandhaus Orchestra: safe in the hands of Riccardo Chailly". The Daily Telegraph. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 September 2012. Besoek op 25 Desember 2009.
  11. John von Rhein, "Chailly a possibility for CSO? Wait and see". Chicago Tribune, 18 Februarie 2007.
  12. "Riccardo Chailly will Leipziger Oper verlassen". MDR Regional Sachsen, 27 Mei 2008.
  13. Peter Korfmacher, "Chailly hört bei der Oper auf – Verlängerung beim Gewandhaus". Leipziger Volkszeitung, 27 Mei 2008.
  14. "Riccardo Chailly remains at the Gewandhausorchester until 2020". Gewandhausorchester Leipzig, Junie 2013.
  15. Gewandhausorchester Leipzig (3 September 2015). "The End of an Era - Riccardo Chailly will end his work with the orchestra in the 2015/2016 season". Persberig. Archived from the original on 31 Julie 2017. https://web.archive.org/web/20170731232517/https://www.gewandhausorchester.de/fileadmin/user_upload/05_medien/Pressemitteilungen/en/RC_PM_1500817_final__EN_.pdf. Besoek op 2017-07-31. 
  16. Peter Korfmacher (3 September 2015). "Leipzigs Gewandhauskapellmeister Chailly tritt 2016 ab". Leipziger Volkszeitung (in Duits). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Julie 2017. Besoek op 3 September 2015.
  17. Martin Cullingford (3 September 2015). "Chailly to leave the Leipzig Gewandhausorchester - four years earlier than planned". Gramophone (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Augustus 2019. Besoek op 3 September 2015.
  18. Lucerne Festival (13 Augustus 2015). "Riccardo Chailly zum Chefdirigenten des Lucerne Festival Orchestra ernannt". Persberig. Archived from the original on 11 September 2015. https://web.archive.org/web/20150911232935/http://www.lucernefestival.ch/documents/150813_MM_LucerneFestivalOrchestra_d.pdf. Besoek op 2015-08-13. 
  19. David Patrick Stearns, "After all that, he'll take Leipzig". Philadelphia Inquirer, 1 Maart 2007.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]

Onderhoude

[wysig | wysig bron]
Kulturele poste
Voorafgegaan deur
Lorin Maazel
Prinsipiële Dirigent, Deutsches Symphonie-Orchester Berlyn
1982–1989
Opgevolg deur
Vladimir Ashkenazy
Voorafgegaan deur
(geen voorganger)
Musikale Direkteur, Orchestra Sinfonica di Milano Giuseppe Verdi
1999–2005
Opgevolg deur
Xian Zhang
Voorafgegaan deur
Michail Jurowski
Generalmusikdirektor, Oper Leipzig
2005–2008
Opgevolg deur
Ulf Schirmer