Sewe wonders van die wêreld
Verskeie lyste van die Sewe wonders van die wêreld is van die klassieke tot moderne tye opgestel om die mees besondere natuurlike en mensgemaakte wonders te katalogiseer.
Klassieke wonders
[wysig | wysig bron]Die antieke Grieke het Sewe Wonders van die Wêreld uitgewys, omdat die getal sewe vir hulle 'n magiese betekenis gehad het. Van dié sewe is net vyf deur die Grieke self gebou, maar almal lê binne die grense van Alexander die Grote se ryk.
Die sewe klassieke wonders is die:
- Groot Piramide van Giza in Egipte: Dit is ook bekend as die Groot Piramide van Cheops en is die oudste en grootste van die drie piramides in die Dodeakker van Giza wat grens aan die stad El Giza, Egipte. Dit is die enigste van die wonders wat redelik ongeskonde behoue gebly het.
- Kolos van Rhodos: ’n Reusagtige standbeeld van die Titaniese god Helios wat in 280 v.C. in die stad Rhodos, op die eiland Rhodos, deur Chares van Lindos gemaak is.
- Hangende Tuine van Babilon: Dit is beskryf as ’n merkwaardige voorbeeld van die ingenieurswese en het ’n reeks vlakke met tuine gehad met ’n verskeidenheid bome en struike. Dit het soos ’n groot, groen berg gelyk wat van modderstene gebou is. Dit was in die ou stad Babilon geleë (vandag in Irak).
- Mausoleum van Halikarnassos in Klein-Asië: Ook bekend as die Praalgraf van Mausolus. Dit was ’n praalgraf wat tussen 353 en 350 v.C. in Halikarnassos (die hedendaagse Bodrum, Turkye) gebou is vir Mausolus, ’n satraap in die Persiese Ryk, en Artemisia II van Karië, sy vrou en suster. Dit is ontwerp deur die Antiek-Griekse argitekte Satyros en Pytheos.[1][2]
- Vuurtoring van Alexandrië, Egipte: Soms genoem die Pharos van Alexandrië, ’n vuurtoring wat tussen 280 en 247 v.C. deur die Ptolemeïese Ryk gebou is. Dit was tussen 120 en 137 meter hoog en baie eeue lank een van die hoogste strukture in die wêreld.
- Zeus-standbeeld van Olimpia by Olimpia: ’n Standbeeld van ’n reusagtige, sittende figuur van sowat 13 meter hoog[3] wat omstreeks 435 v.C. deur die Griekse beeldhouer Phidias gemaak is. Dit het in die Tempel van Zeus in die heiligdom Olimpia in Griekeland gestaan en het bestaan uit ivoor, goud en hout. Dit het die god Zeus voorgestel wat op ’n versierde sederhouttroon sit.
- Tempel van Artemis, Klein-Asië: ’n Griekse tempel vir die godin Artemis. Dit was geleë in Efese (naby die moderne dorp Selçuk in die hedendaagse Turkye). Net die fondament en stukke beelde van die laaste tempel is nog op die terrein oor.
-
Die Groot Piramide van Giza in Egipte.
-
Die Kolos van Rhodos.
-
Die Hangende Tuine van Babilon.
-
Die Mausoleum van Halikarnassos in Klein-Asië.
-
Die Vuurtoring van Alexandrië, Egipte.
-
Die Zeus-standbeeld van Olimpia.
-
Die Tempel van Artemis in Klein-Asië.
-
Liggingkaart van die klassieke wonders.
Middeleeuse wonders
[wysig | wysig bron]Die sewe middeleeuse wonders is:
-
Stonehenge in die Verenigde Koninkryk.
-
Die Groot Muur, China.
Nuwe wonders
[wysig | wysig bron]Die sewe nuwe wonders is:
-
Die Groot Muur in China.
-
Liggingkaart van die Nuwe Wonders.
Moderne wonders
[wysig | wysig bron]Die American Society of Civil Engineers het die volgende wonders aangewys:
-
Die Deltawerke in Nederland.
-
Die Golden Gate-brug in San Francisco, VSA.
-
Die Panamakanaal in Panama.
Nuwe sewe natuurwonders
[wysig | wysig bron]New7Wonders of Nature (2007-2011) was ’n moderne poging om ’n lys van sewe natuurwonders op te stel. Dit is in ’n wêreldwye stemming aangewys en een van die wenners was Tafelberg in Kaapstad, Suid-Afrika.
-
Iguazú-waterval, op die grens van die provinsie Misiones in Argentinië en die Brasiliaanse deelstaat Paraná.
-
Amasonereënwoud in Brasilië, Peru, Colombia, Venezuela, Ecuador, Bolivia, Guyana, Suriname en Frans-Guiana.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Kostof, Spiro (1985). A History of Architecture. Oxford: Oxford University Press. p. 9. ISBN 0-19-503473-2.
- ↑ Gloag, John (1969) [1958]. Guide to Western Architecture (Revised uitg.). The Hamlyn Publishing Group. p. 362.
- ↑ Phidias from encyclopædiabritannica.com. URL besoek op 3 September 2014